SA’ners se beursies groot oop dié Valentynsdag

(Foto: Erik Gazi / Unsplash)

Suid-Afrikaners se beursies was in aanloop tot Valentynsdag vanjaar wawyd oop met verkope wat by juwelierswinkels, bloemiste en geskenkwinkels toegeneem het.

FNB het Sondag gesê daar was ʼn toename in aanlyn en fisieke aankope by sy kliënte in die week voor Valentynsdag in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.

Aanlyn verkope by blommewinkels het volgens dié bank met 204% toegeneem, terwyl persoonlike aankope met 147% toegeneem het.

Juwelierswinkels was ook besiger as dieselfde tyd verlede jaar. Aanlyn inkope vir juwele was 37% meer as verlede jaar en aanlyn aankope het met 8% toegeneem.

Besteding by geskenkwinkels het altesaam met 39% toegeneem.

Ashley Saffy, hoof van besteding en kliëntewaardebestuur by FNB se kaartafdeling, sê Valentynsdag is elke jaar een van die geleenthede waartydens kliënte die meeste geld bestee.

Saffy sê dit is verblydend om ook ʼn toename in aanlyn verkope te sien.

“Dit wys dat meer mense begin om geriefliker en veiliger maniere van koop te waardeer. Ons kliënte maak ook toenemend van veiliger betaalopsies gebruik, soos virtuele kaarte, wat verskeie vlakke van veiligheid bied.

“Verder bied die vermoë om net jou slimfoon by enige fisieke betaalpunt te tik ʼn beter koopervaring aan die verbruiker en kleinhandelaar.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Daisy ·

Jy is heeltemal reg – baie geldmaak stories.

Ek kan eerlik se ek het geen geld op die foefie uitgegee nie. Ek is elke dag lief vir my man nie net een dag ‘n jaar nie.

Dit is dieselfde met Moedersdag en Vadersdag. Ek is elke dag ‘n Ma, nie net een dag ‘n jaar nie.

Nommer 7 ·

Daisy, u klink na vrou so na aan ‘n man se hart. As u my vrou was sou ek u ‘n bos blomme en ‘n Fenn handsak gegee het, net as waardering.

Nommer 7 ·

Ek en my vrou gee maar ietsie vir mekaar op die dag, en gaan eet erens uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.