Nog fase 6-beurtkrag vandag op pad

(Argieffoto: Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal Sondag om 20:00 ingestel word en tot Maandag 05:00 geld.

Fase 4-beurtkrag is reeds sedert Sondag om 05:00 van krag en sal tot 20:00 geld.

Eskom waarsku dat verdere veranderings aan beurtkragfases op kort kennisgewing kan plaasvind weens die hoë aantal onklaar opwekkingseenhede.

Oor die afgelope 24 uur het opwekkingseenhede by die Camden-, Duvha- en Lethabo-kragstasie onklaar geraak. Dié stasies is uit die kragnetwerk gehaal om herstelwerk moontlik te maak.

Intussen is herstelwerk aan twee eenhede by die Drakenberg-kragstasie en een eenheid elk by die Kendal- en Tukuta-kragstasie vertraag. Dié eenhede is dus nog nie weer in diens nie.

Twee eenhede by die Lethabo-kragstasie wat vroeër onklaar geraak het, is intussen weer in werking gestel.

Daar is tans 19 385 MW se kapasiteit weens dié probleme onbeskikbaar, terwyl 3 566 MW aan beplande instandhoudingswerk afgestaan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is omrede ons dit toelaat, krag word nog steeds voorsien aan sekere afrika lande ,ministers het nie beurtkrag. Die regering moet die privaat sektor toelaat om onafhanklike kragstasies te bou en die verfoeilike kriminele SEB moet geskrap word.

Christine ·

Die privaatsektor moet die munisipaliteite oorneem, so ook waterwese. Hierdie is bollie, dit kan nie so aangaan nie!

Christine ·

Ons is pas deur ‘n 8-ure beurtkrag, dan word die krag nog laat aangesit ook. Hulle toi-toi met ons, tart ons uit en toets ons! Hierdie breek van toerusting is sabotasie. Ons moet betaal, maar dan kry ons amper geen dienste nie en netnou gaan die krag weer af!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.