Nog een vas ná plaasaanval naby Musina           

Die gesteelde goedere wat in die verdagte se besit gevind is. (Foto: SAPD)

ʼn 35-jarige verdagte is Vrydag in hegtenis geneem en positief met ʼn aanval in Desember op ʼn wildsplaas naby Musina verbind. Die aanval het in die Tshipise-omgewing plaasgevind.

Die man is deur ʼn taakspan in hegtenis geneem en het onder meer vuurwapens en ammunisie in sy besit gehad. Ses verdagtes is in Januarie in verband met dieselfde voorval in hegtenis geneem.

“Die polisie het inligting ontvang van verdagtes wat by ʼn huisrooftog op Musina in Desember betrokke was. Die verdagtes is nagespoor en een van hulle, die 35-jarige verdagte, is positief met dié voorval verbind. Hy is by Ha Rabali in hegtenis geneem,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn aantal verdagtes op 27 Desember die wildsplaas langs die Tshipise-pad in die Musina-polisiëringsgebied betree het. Die boer se vrou is tydens die aanval aangerand voordat die aanvallers met onder meer vuurwapens en ʼn onbekende bedrag kontant in rand, Amerikaanse dollar en pond op die vlug geslaan het.

Mojapelo sê twee van dié gesteelde vuurwapens en ammunisie is tydens die verdagte se inhegtenisneming in ʼn kraal gevind.

Die verdagte sal Maandag op aanklag van huisbraak en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eugene ·

Ek verstaan nie. Die berig se “nog een vas” na plaas aanval. Wees spesifiek, wat se een!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.