Ses vas ná Limpopo-plaasaanval

(Foto: Verskaf)

Ses verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem in verband met ʼn aanval op ʼn wildsplaas in Limpopo teen die einde van Desember.

Die verdagtes het op 27 Desember die wildsplaas langs die Tshipise-pad in die Musina-polisiëringsgebied betree. Die boer se vrou is tydens die aanval aangerand voordat die aanvallers met onder meer vuurwapens en ʼn onbekende bedrag kontant in rand, Amerikaanse dollar en ponde op die vlug geslaan het.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het ná die voorval ʼn grootskaalse soektog na die aanvallers geloods.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang wat hulle na vier verskillende liggings gelei het: die Makushu-nedersetting, die Musekwa-nedersetting, die Tshituni-nedersetting en die Groter-Koedoeland-plaasgebied in die Vhembe-distrik. Die verdagtes is daar in hegtenis geneem.

(Foto: Verskaf)

“Die polisie het beslag gelê op agt vuurwapens (vyf jaggewere en drie pistole), 188 patrone, ʼn nagsigkamera, ʼn swart Nikon-verkyker, silwer munte, juweliersware, ʼn sak vol buitelandse valuta en ʼn boks vol ou Suid-Afrikaanse muntstukke,” sê Mojapelo.

Die verdagtes, vier Suid-Afrikaners en twee buitelandse burgers tussen die ouderdom van 27 en 38 jaar oud, sal binnekort in die landdroshof op Musina verskyn op aanklag van huisroof, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Hadebe het die polisielede geloof vir hul harde werk om die verdagtes in hegtenis geneem. Sy het ook die lede van gemeenskappe bedank wat die polisie met waardevolle inligting in die ondersoek gehelp het.

Nog gesteelde goedere:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Althes ·

Eienaars is geneig om onwetend inligting uit te lek wat waardevol is waar hul werkers teenwoordig is. Of wie ook al ñ belang sal hê in so ñ aanval.

Phillip ·

Nou Moet hulle ook seker verduidelik waar die buitelandse geld vandaan kom Soos ons presedent

wiesalweet ·

Ek twyfel darem. My man werk self op ‘n Wildsplaas en daar jag gereeld, veral Amerikaners, wat dan in dollars betaal. Dis darem “above the law” ….. Nietemin laat dit ‘n mens vreeslik bekommerd wees oor die veiligheid van jou mense.

domheks ·

Mooi so! Nou moet die howe net hulle kant ook bring en nie borg toestaan nie! Wonder of die ander wettig in die land is.

Prikkie ·

Van borgtog gepraat, hoekom is alles nou weer doodstil oor die Guptas?

Prikkie ·

Die gemeenskap het ‘n leeue aandeel in die inhegtenisneming van hierdie skurke.

Hou hulle agter tralies vir baie lank.

Willem Johannes Jacobus ·

Die vraag is of die boere wat beroof is die goedere (geld wat gevind is) gaan terugkry of gaan dit maar net tussen neus en oe verdwyn?

Eugene ·

Gee hulle vir die plaas Boere se werkers. Jy noem dit mob justice. Hulle elk geval loskom.

Karlahari ·

Briljante werk almal wat betrokke was by die inhegtenisnemings. Van die informante tot by die Polisie beamptes.
Hopelik doen die howe nou HULLE werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.