Vermiste toeris in Wes-Kaap gesoek

Nick Frischke (22) word tans in die Wes-Kaap vermis. Hy het by ’n gastehuis in Pinelands gebly. (Foto: SAPD)

Die polisie in Pinelands in die Wes-Kaap vra die publiek se hulp om ʼn vermiste Duitse toeris op te spoor wat vroeër die maand in die land aangekom het.

Die 22-jarige Nick Frischke het die plaaslike gastehuis waar hy tuisgegaan het, op 14 Februarie om 10:00 te voet verlaat en nooit weer teruggekeer nie. Hy het ten tyde van sy verdwyning ʼn blou denim-kortbroek, wit tekkies en ʼn beige T-hemp gedra met ʼn swart rugsak op sy rug.

Hy is op die betrokke dag by ʼn winkel in die V&A Waterfront gewaar.

Ao. Joseph Swartbooi sê Frischke kan nie baie goed Engels praat nie.

Enigeen met inligting word versoek om speursers. Daluxolo Mhlauli by 076 609 0764 te kontak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lillian ·

Ek hoop hy word gou gevind. Verstaan nie hoekom hy alleen vort is nie, veral nie as hy skaars Engels kan praat nie. Boosdoeners sal hom teiken

trotsNAMSA ·

Om Engels te praat deur Duitsers is nie van belang nie en ja, meeste Europeërs weet nie eers waar Afrika of SA is nie. Ons is nie op hulle TV nie.

Elize ·

Hoe op dees aarde kom hulle na hierdie gemors van ‘n land toe? Kyk hulle nie TV of lees koerante nie?

TruthDealer ·

Die grootste deel vd media is liberaal en polities korrek tot die uiterste. Glo my, Bitter min inligting van hoe erg dit regtig hier is, bereik die oorsese lande.

Anna-marie ·

Die hoofstroommedia oral in die wereld hou Suid-Afrika voor as ‘n sukses verhaal.

TruthDealer ·

Baie toeriste is geweldig oningelig oor hoe erg misdaad regtig hier is. Daar word vir hulle gesê om versigtig te wees maar die vlakke van misdaad hier bestaan nie in hul verwysings raamwerk oor die lewe nie. Hulle dink hulle besoek n ander land, terwyl hulle in wese eintlik n ander Planeet besoek.

Christine ·

Goed gestel. Die buiteland het geen idee wat hier aangaan nie, want geen land gaan waardeur ons gaan nie.

Anna-marie ·

Om die waarheid te ignoreer is die basis van ‘n tragedie.

trotsNAMSA ·

Ek het vir 2 jaar in Duitsland gewoon. Misdaad is daar ook hoog, maar ons in Afrika hoor niks van die Duitsers se geweldsmoorde nie. Europa se misdaad word nie gemeld nie omrede “hulle” so wetsgehoorsaam is. Dié nuusberig sal nou die hele Europa op hok hê om te bewys “ons” is wetteloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.