Cosatu kanselleer Werkersdag-toesprake

Pres. Jacob Zuma tydens die Vryheidsdagvieringe op 27 April 2017 in KwaZulu-Natal (Foto: GCIS)

Die vakbondfederasie Cosatu het alle toesprake by sy hooffunksie in Bloemfontein om Werkersdag te vier, gekanselleer.

Pres. Jacob Zuma sou Maandagmiddag die skare toespreek, ondanks minstens drie Cosatu-filiale wat dit duidelik gemaak het dat hulle nie wil hê die president moet praat nie, aangesien dit teenstrydig sal wees met die vakbondfederasie se versoek dat hy moet bedank.

EWN berig Zuma het te midde van chaos by die vieringe opgedaag en lede van Cosatu het hom uitgejou. Volgens EWN is Sdumo Dlamini, president van Cosatu, en Naledi Pandor, lid van die nasionale uitvoerende raad van die ANC ook uitgejou.

Pro- en anti-Zuma-groepe het met mekaar begin baklei en die vakbondfederasie het besluit om die toesprake te kanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Adam ·

Vir seker! Lyk my die mense wat deur Zuma as “rassiste” beskryf word is nou lekker opgewerk en ons almal weet dat Gupta-pille nie daardie siekte gaan hokslaan nie.

Johann cb ·

En nou sien ons hoe die regerende party al hoe meer momentum kry…om te val!

Johannes van Rooyen ·

Dis mooi ek like dit
Nou sal die top 6 sien hulle is na 2019 ook sonder werk en nie net ZUMA nie

Waghond ·

Die begin van die einde van Zuma en die ANC. Zuma must fall!

Hanna ·

Niemand is so doof soos die een wat nie WIL hoor nie… Komaan Zuma, you are the weakest link! Bedank asb en kry klaar.

Scalla ·

John, al wat hul ken is mayday, mayday, tommorow is pay day en foxtrot, foxtrot, waar is die kostrok. n Ketting se sterkte word bepaal deur die swakste skakel.

Speedguard ·

Onthou net, ons weet wat ons het , wat ons gaan kry is ‘n perd van ‘n ander kleur, hoop en bid net die ander ou is ‘n slim krim nie, dan gaan ons, ons gatte nog vinniger sien !!

Jors Troelie ·

Lekker. Hoe hoër jy opgaan, hoe harder val jy terug aarde toe.

Sakka ·

ANC en Zuma gaan deur ‘n moeilike tyd. Dis hoekom ‘n “rassemoord” op Coligny geskep is om die aandag af te lei en die gewone groep te “scapegoat “.

VERITAS ·

Zuma laat hom nie afsit deur ‘n spul lawaaimakers nie. Hy word deur die ANC se uitvoerende raad beskerm so die spulletjie se manewales skeel hom maar min. Hy is óf dikvellig óf besef regtig nie die erns van sy situasie nie. As ek in sy skoene was, het ek vinnig plan gemaak en ‘n uittredingsooreenkoms met die ANC aangegaan.

John ·

Wanneer betoog die mense in Saxonworld sodat die sjebeen die pad kan vat? Ann7 is ‘n groot kwaadstoker- en verdagmakerkuierhoekie.

Casdup ·

Baie interesant!!! Slegs ‘n paar dae na die “it’s time” bid dag naby Bloemfintein word hierdie samekoms gekanseleer… Dankie Heer. !!!… Gebede word gehoor deur u.

Frieda ·

Casdup ek stem saam met jou as mens mooi kyk daar is oral hierdie klein positiewe dinge wat gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.