Covid-19: Saai win regsmening in oor voortgesette wynproduksie

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Dit blyk dat wynboere kan voortgaan met produksie gedurende die algehele landwye afsondering.

Die landbounetwerk vir familieboere, Saai, het sy regspan opdrag gegee om ’n dringende regsmening te bekom aangaande die vraag of wynboere met produksie kan voortgaan gedurende die volgende drie weke. Dít nadat die streng regulasies familieboere in die wynbedryf met groot onsekerheid gelaat het.

“Daar is wyd bespiegel dat dit dalk onmoontlik sou wees om druiwe-oeste in te win en in kelders te verwerk. ’n Hele seisoen se opbrengs sou potensieel verlore kon gaan,” het Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, gesê.

dr-theo-de-jager-01

Dr. Theo de Jager, direksie voorsitter van Saai. Foto: Verskaf.

Volgens De Jager het Saai en ander rolspelers in die landboubedryf druk op die regering uitgeoefen en dit blyk nou dat wynboere wel met die nodige stappe kan voortgaan om druiwe te oes. “Uit die regsmening wat ingewin is, blyk dit dat die optrede van wynboere nie onwettig sou wees nie,” sê De Jager.

Geen alkohol mag egter gedurende die afsondering verkoop word nie.

Saai moedig boere aan om hulle dringend by 066 071 6094 te laat weet indien hul boerderypraktyke ontwrig word weens die huidige krisis. Saai gaan ook steeds voort met die verwerking van die aanlyn permitaansoeke vir die landboubedryf en alle boere word aangemoedig om van dié platform gebruik te maak. Besoek www.saai.org vir meer inligting oor die aansoekproses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Die sg koeonavirus is nie meer dodelik as baie ander bestaande siektetoestanse nie en omtrent almal wat dood is was bo 80…gaan kyk self na die statistiek…nou wil almal slefmoord pleeg deaur op te hou werk…gaan kyk china is weer aan die gang na al die ou bangmaakstories…

Zombie ·

Jan, as jy die omstandighede in China meer noukeurig ontleed het, sou jy opgemerk het dat hulle ook ‘n streng afsonderingstydperk ingestel het. Dit is juis as gevolg daarvan dat China weer kan voortgaan. Jou argument is dus onlogies.

Jaco ·

oor ‘n jaar dan drink almal nog steeds aan daardie wyn wat dié boere nou mag produseer, en dan is SAAI se geld op om die onteiening van dieselfde wynplase te keer.
bepaal julle ASB by dinge wat ons mense regtig raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.