Covid-19: 133 in SA vir virus getoets

Nios het reeds 133 mense in Suid-Afrika vir Covid-19 getoets.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê hy is deeglik bewus van die verspreiding van die Covid-19-virus (oftewel die koronavirus) in verskeie wêrelddele en gaan voort om toetse daarvoor hier te doen.

Die Nios sê tot dusver is 133 mense vir Covid-19 in Suid-Afrika getoets, maar dat nie een van die toetsuitslae positief vir die virus was nie.

Nigerië het Donderdag sy eerste voorval van Covid-19 aangemeld.

“Gegewe die jongste verwikkelinge, internasionaal en in Afrika, is dit nie onwaarskynlik dat Covid-19 na Suid-Afrika gebring gaan word nie.

“Ons hou internasionale neigings deeglik dop om ons kennis van die siekte, asook ons monitering van en reaksie op die siekte, deurlopend te verbeter.”

Die Nios sê hy het intussen ook kennis geneem van die twee Suid-Afrikaners op ʼn passasierskip in Japan wat positief getoets het vir die virus.  “Die mense word in Japan behandel en word goed versorg,” het die instituut gesê.

Hy het ook pres. Cyril Ramaphosa se besluit om Suid-Afrikaanse burgers in Wuhan, China, na Suid-Afrika te laat repatrieer, verwelkom.  Ramaphosa het dié stap Woensdag aangekondig.

Die Nios sê terwyl die logistiek oor die repatriasie uitgestryk word, tref die instelling voorbereidings vir die Suid-Afrikaners se terugkeer om te verseker die virus versprei nie op dié manier nie.

Geen van die Suid-Afrikaners daar het nog positief vir die virus getoets, of enige simptome daarvan getoon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Strandloper ·

Die virus kan los hande in die pad af stap en niemand sal dit eers weet nie want as die beheer stelsels so goed is soos die regeering sien ek swaarigheid wat voor lê.

Jaco ·

Almal wat SA wil binne kom, stap eenvoudig oor die grens en daarna bly en bly en bly hulle net, vir ewig. So ja, die dag wat die virus sy kop in SA uitsteek, is naby… En met regstellende aksie en BEE wat alles oorheers, ook ons vuil swak staatshospitale, gaan dié virus VINNIG in SA versprei.

Michael ·

Sa is n vierde wêreld land so ek glo die virus is al in SA maar die onbevoegde klomp het of kan dit nie bevestig agv hulle onbevoegdheid.

Erik ·

Nee Michael, inteendeel, ons is ‘n kombinasie van ‘n eerste- en derde wêreld. Ons het ‘n groot tersiêre sektor wat dui op ‘n eerste wêreld. Die ongelykheid is egter groot in ons land en meeste mense leef in die ‘derde wêreld’. Dit gaan nie goed in ons land nie, maar gaan nog baie beter hier as in meeste ander lande, uitgesluit die bekende eerste wêreld lande (VSA, Kanada, Aus, NZ ens.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.