Covid-19: AfriForum wil hof toe oor rassediskriminasie teen ondernemings

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. (Foto: AfriForum)

Die burgerregte-organisasie AfriForum staan gereed om die hof te nader om die departement van toerisme te verhoed om ras as kriterium te gebruik om te bepaal hoeveel finansiële bystand klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) tydens die tydperk van algehele afsondering moet kry.

Dit kom nadat die departement van toerisme Dinsdag ʼn skrywe uitgestuur het waarin hy aangekondig het dat bystand aan klein, mikro- en mediumgrootte-ondernemings gegee sal word ooreenkomstig die departement se beleid van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en ekonomiese transformasie.

Sowat twee weke gelede het die regering probeer om dié rasgedrewe agenda toe te smeer deur die publiek gerus te stel dat hulle hulp aan alle sake-eienaars sal verleen, ongeag ras. Die DA meen dat dit nooit die regering se bedoeling was nie, en dat ras die beslissende kriterium sou wees wanneer toerisme-ondernemings by die departement gaan aansoek doen om finansiële hulp.

Die DA verwerp ook dié kriteria gegrond op ras wat die departement gebruik om sodoende hulp aan sake-eienaars te verleen.

“Ons doen ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa om onmiddellik die ministers in sy kabinet opdrag te gee om alle Suid-Afrikaanse sake-eienaars wat onder die Covid-19-pandemie gebuk gaan, te help,” het die DA in ʼn verklaring gesê.

AfriForum het op 25 Maart ʼn dringende aanmaning aan Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die minister van toerisme, gestuur om die skrywe terug te trek en ras as kriterium te skrap. “Sou die departement nie binne sewe dae hieraan gehoor gee nie, sal ons ʼn dringende aansoek in die hof bring om die regering se kriteria te laat hersien,” sê Kallie Kriel, hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum.

“In hierdie krisistyd behoort almal saam te staan teen ons gemeenskaplike vyand, naamlik Covid-19. Dit is tragies en immoreel dat die regering voortgaan om ’n rasgedrewe agenda te bevorder,” het Kriel gesê.

Toerisme-ondernemings het tot 30 Mei om aansoek te doen om finansiële hulp van die departement se Covid-19-hulpfonds. AfriForum moedig steeds eienaars van klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings aan om aansoek te doen en dan vir AfriForum te laat weet indien hul aansoeke nie suksesvol is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Die rommelstatus regering kan nie uit hul ideologiese put kom nie. Die ekonomiese vernietiging van die land met hul apartheidsbeleide interesseer hulle glad nie. Duidelik tel sekeres in hierdie bestel glad nie, net hul belasting is belangrik.

Eugene ·

Dit is krimineel van die regering om n rasgedrewe hulpprogram te volg. Indien Ramaphosa hom nie hieroor uitspreek en dit stopsit moet absoluut alles gedoen word om hom in die openbaar en wereld te verkleineer. Dit is absoluut swak en die wereld moet kennis neem

Stefan ·

Kom ons wees eerlik, ons is daar om belasting te betààl, nie om dit te ontvang nie.
En ons kan vir onsself sorg, ander kan blykbaar nou maar net nie.

Michael 1 ·

Ek het agtergekom dat heelwat wit mense het hoë agting vir Ramaposa en sy regering het,hierdie diskriminasie teen wit mense is die rede dat ek n onderlige haat vir hulle het.

Yvonne ·

Ek het gedink met die GROOT skenkings wat vir alle besighede bedoel is , sal hulle wel die skuiwer gate aanwend to hulle eie voordeel…wat n aaklige situasie is dit nie

Andries ·

Hoekom nader AfriForum nie die hof om die inperking in geheel aan te veg nie. Om nie eers te praat van al die drakoniese inperkings op persoonlike vryhede. Dit het tyd geword dat AfriForum en Solidariteit wys of hulle werklik vir almal se vryheid gaan veg en of hulle bloot veg vir gelyke behandeling van al die slawe.

marius ·

Hy sal hom nie daaraan steur nie . Vra vir hom oor die $40 biljoen aanleg wat hy davies en greecy met die sjinees wat deur sy eie mense verjaag is by Messina oprig sonder dat enige iemand daarvan weet ! Hy voel niks !

Mieke ·

Volgens Craig Montgomery het VSA $9.5bil aan SA geskenk vir hulp doeleindes…. blykbaar kan niemand sê hoe die geld aangewend is nie… ek dink dis dadelik deur ANC kaders opgeraap….

Jaco ·

gestel wit besighede kry ook hulp by die regering. dan word daardie besighede heel eerste, so 2 jaar later, gedwing om aan allerhande BEE en regstellende vereistes te voldoen en as die eienaars dan weier, word hulle dadelik deur die staat oorgevat
Bly net stil en he so min as moontlik met die staat te doen. hulle gaan nie help nie en almal weet dit.
hou aan kla en daar volg sommer onmiddelike oorvat van wit besighede, met as beskulding dat die wit eienaars reaksioner, rassisties en teen transformasie is
Bly net stil mense, dis die beste manier om aan die gang te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.