Covid-19: ANC se verjaardagvieringe van die baan

Argieffoto

Die ANC het besluit om sy jaarlikse verjaardagviering wat op 8 Januarie 2021 oor die hele land sou plaasvind weens die Covid-19-pandemie te kanselleer.

Die regerende party vier volgende jaar sy 109de bestaansjaar.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, sê amptenare van die ANC het vanoggend vergader waar hulle ’n inligtingsessie van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, rakende die tweede golf van koronavirus-infeksies ontvang het.

“Die voorspelling skets ’n kommerwekkende prentjie en alles dui daarop dat infeksies sal toeneem in alle provinsies, buiten die Noord-Kaap.

“Die amptenare meen eenparig dat dit nie ’n geleë tyd is om met die viering voort te gaan in die lig van die aggressiewe aard van die pandemie nie. Ons is oortuig dat ons die maatreëls moet handhaaf wat voorgeskryf word om die verspreiding en uitwerking van hierdie pandemie tot die minimum te beperk.”

Mabe sê die ANC glo dit sal onverantwoordelik wees vir lede van die party om selfs in klein groepe bymekaar te kom vir die party se verjaardagviering. Die viering sou onder meer by Ga-Mphahlele in Limpopo plaasvind.

Die president sal wel sy jaarlikse 8 Januarie-toespraak die betrokke dag voorlees. Die voorlesing sal op alle digitale platforms uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.