Covid-19-gevalle styg steeds in WK

Nuwe Covid-19-gevalle is stadigaan besig om te daal. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika het Saterdag weer 12 371 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken. Amper ʼn derde hiervan is in die Wes-Kaap aangeteken (3 746), die meeste in die land. KwaZulu-Natal het die naasmeeste nuwe gevalle aangeteken (2 628) en verteenwoordig 21% van nuwe gevalle landwyd.

Dít volgens syfers wat Saterdag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) beskikbaar gestel is.

Die getal nuwe gevalle hou steeds aan styg in dié twee provinsies, terwyl dié getal in Gauteng stelselmatig daal. Saterdag is 1 986 nuwe gevalle in dié provinsie aangeteken. Dié provinsie is wel nog verantwoordelik vir 16% van nuwe gevalle landwyd.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap1 155
Vrystaat630
Gauteng1 986
KwaZulu-Natal2 628
Limpopo387
Mpumalanga906
Noordwes558
Noord-Kaap375
Wes-Kaap3 746

(Grafika: Nios)

Net meer as 21% van mense in Suid-Afrika wat daagliks vir Covid-19 getoets word, is positief. Dit is steeds ver bo die aanbevole gemiddeld van 10%, maar ʼn aansienlike daling van meer as 30% in Julie. Nios wys ook daarop dat die gemiddelde getal nuwe gevalle wat die afgelope week aangeteken is, minder is as die vorige week.

Altesaam 271 nuwe Covid-19-verwante sterfgevalle is Saterdag aangemeld, wat die algehele getal sterftes op 74 623 te staan bring.  Daar is ook 371 mense die afgelope 24 uur in die hospitaal opgeneem. Die meeste hiervan (411) is in openbare hospitale.

Net 37 189 Covid-19-inentings is Saterdag toegedien, ondanks die minister van gesondheid se herhaaldelike beloftes dat meer inentings oor naweke toegedien sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

koos10 ·

KZN gaan nog klim. Indien nie val die regering se superverspreider teorie deur die mat!

Alida ·

Hoe kan 411 van 371 mense in openbare hospitale opgeneem word? Somme maak nie sin nie.

Jaco ·

Mark my words: Wes-Kaap binnekort op vlak 5. LEKKER manier om “die rassistiese DA” en wit mense vas te vat.

Jan ·

Panda wetenskaplikes en data-analiste waarsku reeds ‘n jaar lank dat gevalle vrees- en maatreëlgedrewe is. Nogtans word die narratief versprei dat verspreiding “beheer en bestuur” word met die maatreëls. Die waarheid is dat al die maatreëls bydra om immuniteit af te takel.

MakersMark ·

Wereldklas snert. Groot verskil tussen vrees en virus. Begin met spelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.