Covid-19: Hier is die regulasies

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Geen drank mag gekoop of vervoer word tydens die tydperk van algehele afsondering nie en Suid-Afrikaners mag nie eers met hul honde gaan stap nie.

Só het die minister van polisie Bheki Cele Woensdag tydens ʼn perskonferensie gesê.

Streng optrede en arrestasies wag op enigeen wat dié rampregulasies oortree en landsburgers kan ses maande tronkstraf, ʼn boete of beide opgelê word.

Twee KwaZulu-Natallers is reeds in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord omdat hulle nie in kwarantyn wou gaan nie.

Die eerste inhegtenisneming vir verspreiding van fopnuus is ook op pad vir die persoon wat vals inligting versprei het dat Chinese op onwettige maniere die land binnekom deur die Lebombo-grenspos.

Die basiese reël, so het minister ná minister vandag gesê, is om tuis te bly, in belang van hul eie en almal anders se gesondheid.

Die enigste mense wat buite die huis mag beweeg, is mense wat noodsaaklike dienste lewer, waarvan daar tans 24 kategorieë is. Maroela Media sal Donderdag in besonderhede hieroor berig.

Al wanneer ander mense buite hul huise toegelaat word, is as hulle dokter toe gaan, apteek toe gaan, kruideniersware gaan koop of hulle Sassa-welsynstoelaes gaan haal. Vir laasgenoemde is ‘n Sassa-welsynskaart noodsaaklik. Alle Sassa-betaalpunte sal op betaaldae oop wees, insluitend poskantore. Alle probleme met Sassa-kaarte moet by die tolvrye nommer 0800 535 545 aangemeld word, en navrae oor ander Sassa-probleme by 0800 601 011.

Regulasies vir wanneer kruideniers oop mag wees, sal Donderdag gepubliseer word.

Alle fasiliteite wat gewoonlik vir godsdiens, kultuur of ontspanning gebruik word, word gesluit. Dit sluit parke, strande, restaurante en fliekteaters in.

Alle restaurante en kroeë is gesluit en geen drank mag in dié tyd aangekoop óf vervoer word nie. Daar mag ook nie oor en weer gekuier word nie.

Net 50 mense mag op ‘n slag in ‘n kruidenierswinkel wees, en net 50 op elke begrafnis.

Cele het dit ook baie duidelik gemaak dat niemand mag gaan draf, met hul honde gaan stap, fietsry of enigiets buite die huis doen tensy dit absoluut noodsaaklik is nie.

Alle grensposte word gesluit vir mense. Slegs goedere word deurgelaat. Die departement van binnelandse sake se kantore sal wel oop wees, maar sal slegs tydelike ID-dokumente, geboortesertifikate en doodsertifikate word uitgereik. Geen trousertifikate of paspoorte sal in dié tyd uitgereik word nie.

Munisipaliteite sal voortgaan met vullisverwydering en ander diensverskaffing soos die voorsiening van water.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag word ontplooi om met die polisie saam te werk om te verseker dat Suid-Afrikaners dié regulasies gehoorsaam. Hulle sal die polisie bystaan met patrollies, padblokkades en die begeleiding van die vervoer van noodsaaklikhede soos kos. Hulle sal ook seker maak dat niemand die hawens of ander grensposte onwettig binnekom nie.

Taxi’s en huurmotors mag slegs mense vervoer wat noodsaaklike dienste verrig, winkel, apteek of dokter toe gaan. Taxi’s en huurmotors mag slegs tussen 05:00 en 09:00, sowel as tussen 16:00 en 20:00 op die pad wees. Alle langafstandtreine sowel as die Gautrein en Metrorail word gestaak. Alle busse moet, soos taxi’s en huurmotors, gesaniteer word ná elke rit.

Alle vliegtuie behalwe sekere vragvliegtuie mag nie vlieg nie en passasierskepe mag niemand oplaai of aflaai nie.

Minibus-taxi’s mag nie meer as drie passasiers op ‘n slag vervoer nie en ander taxi’s nie meer as een passasier nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johan Venter ·

Terloops, ek sien Bheki Cele sê daar sal ‘n maksimum van 50 persone (dit lyk my dis nou buiten die personeel) in ‘n supermark of kruideniesware winkel toegelaat word. Beteken dit dus die res moet aan die buitekant in die winkelsentrum of voor die ingang tou staan? Ek meen dit is seker logies, al is daar bv 100 en dalk baie meer mense wat buite wag.

Ek het idee ek sal ook so elke tweede oggend my oefenklere aantrek, ‘n ‘plastic’ vat en by die Spar of PnP so 2-3 kilometer van my af ‘n brood of so gaan koop. Vir die groter aankope sal ek die kar vat.

Dan sien ek hy sê mens kan net bv gaan stap as dit noodsaaklik is. Wat beteken dit?

Moedeloos ·

Ek kyk al die afgelope paar dae hoe mense buite banke clicks en ander winkels buite staan en wag. Hul staan bo-op mekaar so wat is die verskil of jy binne of buite wag?

PieterP ·

1. Hoe word jy toegelaat om na ‘n begrafnis toe te gaan dan? Dit is nie eers daael van die lys nie!
2. Minibus taxi net 3 persone op ‘n slag. Nie lewensvatbaar vir die diens nie so hulle sal staan.

Daar word probeer om planne te maak en ministets weerspreek mekaar.

Hier kom ‘n gemors.

Sandra ·

Ek stem saam. Ek het gister gese Suid Afrikaners het nie die dissipline om die ding te oorkom nie. Een se jy mag net uitgaan as jy dr toe, kruideniersware moet gaan koop of apteek toe. Die een se dit en die ander een se dat. Ons sal maar sien.

Frank ·

Het vanoggend ‘n vriendin se troosdiens oor Youtube bygewoon. So, vir ‘n plattelandse gemeente het ons diakonie vinnig dinge in plek gekry. Die naasbestaandes het fisies kon bywoon.

Elaine Krige ·

Ons wilverseker dat ons die regte lys publiseer, daarom dat ons dit nog nie gedoen het nie. Dit sal eersdaags beskikbaar wees op ons blad.

Amatambo ·

Bheki Celeis sintlikmeer bek as binnegoed – hy DINK hy is ‘n BBP en dat hy eintlik as pres gekies moes word. Windgat…

Hexadane ·

Hy se jy mag nie jou huis verlaat nie, mag ek buite op my stoep sit en braai? ek is dan mos ver ver van my bure af aangesien dit in my agter erf is.

Jims ·

Ek verstaan ook nie wat bedoel word met mag nie huis verlaat nie. Mag ek nou ook nie my gras sny en tuin aan die kant maak nie. Ek neem aan die bedoeling is seker dat jy nie jou erf mag verlaat nie.

Alta ·

Fasiliteit vir godsdiens word gesluit. Waar hou ons nou begrafnis/gedenkdiens (dit is toelaatbaar vir 50 mense)?

antieke antie ·

die mense wil nou almal die main-peanut in die pakkie wees …almal praat nie uit dieselfde mond nie… en so kan ons maar net lag..

BeerKlou ·

Dis altyd baie maklik om reëls en regulasies daar te stel vanuit ‘n gemakstoel saam met enersdenkendes terwyl jy peusel aan snoeperye,, drinkgoedjies en peppermente. Dit sal interessant wees om te sien hoe die regulasies toegepas sal word deur die bemagtigde weermag en polisie, en veral hoe hulle hulself sal gedra deur die tydperk.

Nie Verbaas ·

Maksimum 50 mense binne supermark terwyl honderde buite in ry wag en mekaar se kieme inasem. Waar is die logika?

Africangrey ·

Hier by ons word 1 persoon per vierkante meter toegelaat, met n afstand van 1.5 meter,

Jaco ·

Ek lees nou n artikel waar daar bespiegel word of n lockdown op die ou einde meer skade gaan veroorsaak as om normaalweg voort te gaan, die lockdown gaan massiewe skade aan ekonomieë veroorsaak, miljoene der miljoene mense gaan hul werke verloor, selfmoorde gaan verdubbel, lewenstandaarde gaan drasties val en lewensverwagtinge gaan aansienlik val, alles ten koste van 1% van die wêreld populasie wat meestal reeds korter lewensverwagtinge het weens onderliggende kondisies, watter scenario gaan dan op die ou einde die meeste fataal wees, om te lock down of om nie te lockdown nie?..Hierdie is nou vir jou n “catch 22” situasie en is ek bly ek is tans nie aan die stuur van n land nie. Sal graag ander lesers se mening hieroor wil hoor.

Frank ·

Twee hiper slegte scenarios waarvan die lockdown die beste opsie is. My nederige opinie.

Gert ·

Wat van die mense wat eers volgende week betaal word ?
Baie mense kon nie kos gaan koop nie omrede hulle eers die einde van die maand betaal word.
Die 50 per winkel gaan nie werk nie. Veral nie as jy ‘n ver afstand van die winkels af is nie,jy gaan maar moet staan en wag .

Sandra ·

“Geen drank mag gekoop of vervoer word tydens die tydperk van algehele afsondering nie en Suid-Afrikaners mag nie eers met hul honde gaan stap nie.”

Dan se hy:

Cele het dit ook baie duidelik gemaak dat niemand mag gaan draf, met hul honde gaan stap, fietsry of enigiets buite die huis doen tensy dit absoluut noodsaaklik is nie.

Dubbele standaarde. Wat kwalifiseer dan as noodsaaklik wanneer dit by fietsry, honde gaan stap kom?

Johan Venter ·

Ek sê juis hier vanoggend vroeg die polities inkorrekte, eintlik kan dit nie polities inkorrek wees nie, dalk word daar net nie van omgee en die waarheid gehou nie. Dalk is dit te sensitief en dit is dat ons in die tyd sal moet bid vir kalmte van al die mense, juis daardie wat in groot groepe soos in nedersettings en dies meer bymekaar woon. As enige mens vir so ‘n lang tyd soos hierdie veral ruimte ontneem word of in ‘n huis bymekaar ingebondel is, sal daar skouerskuur wees, ongedurigheid en onverdraagsaamheid, want jy kan nêrens heen gaan nie. Dit is natuurlik dat dit mag gebeur en verseker sou die owerhede daaraan gedink het. Mense sal hulle met iets konstruktiefs moet besig hou, elkeen van ons, waar ons ook al is.

Johan Venter ·

Ek haal die volgende aan uit die SA Regering se webwerf, dit is die mense wat moet sorg dat aan die regulasies betreffende die inperking voldoen word EN dan moet die normale wet en orde ook nog gehandhaaf word:

“At the end of March 2019, the establishment of the SAPS was 192 277, including 150 855 SAPS Act of 1995 (as amended) members and 41 422 Pubic Service Act members.”

En:

“The SA National Defence Force (SANDF) personnel strength last year (2019) was 73 844 with 219 generals and admirals heading up the country’s military.”

As die papaja die hek tref, lyk die totaal maar vir my so ‘effe’ dun.

Ek het ‘n idee as ons op die knieë gaan, sal ons beter vaar.

Leana ·

Die 50 mense in ‘n kruidenierswinkel, sluit dit die personeel in??

Kokkie ·

Effens van die onderwerp af. Met die aankondiging van die huidige wapen amnestie, het ek die eerste stap onmiddellik gevolg, nl. om heraansoek te doen vir my bevoegdheidslisensie. Hoewel dit drie maande geneem het, het ek kennis gekry dat dit goedgekeur is. Die volgende stap is nou om aansoek te doen vir die vuurwapenlisensie. SAPS het my egter meegedeeld dat ek moet wag tot na die verstryking van die ‘lockdown’- periode. My vrees is dat met al die virus-en ander probleme, die amnestie gaan verstrek voordat Ek my lisensie het. Weet iemand dalk hoe sodanige gevalle gehanteer gaan word. Of sal ou Cele darem die amnestie periode verleng?

Frans ·

.Dat die ekonomie geknou gaan word is reeds wêreldwyd bewys.Talle mense gaan weens verminderde ekonomiese aktiwiteite hul werk berloor.Mense in regeringsdienste is egter hiervan gevrywaar,hul gaan nog steed hul salarisse ontvang,asook mense van sterk pensioenfondse
sal nog steeds ‘n inkomste ontvang.

Maar hulle is nie die ekonomies aktiewe mense nie.Dit is die mense in die primere,(ontginning van natuurlike hulpbronne) sekondêre (waar produksieproses plaasvind) en die tersiêre sektor waar die produkte en dienste gereed is om aan verbruikers verkoop te word,wat die hardste getref gaan word.

Eskom en ander in SOE’s wat staatsondersteuning ontvang behalwe die wat onder sakeredding is,is ook
in ‘n mate teen werksverlies verskans.Daarom moes die regering in samewerking met die finansiêle
instellings alle betalings op lenings tydelik opgeskort het om mense wat gevaar staan om hul besittings te verloor,dws huise ens ‘n blaaskans te gee totdat ekonomiese aktwiteite normaliseer.

De Villiers ·

Ons is veronderstel om in ‘n vrye en demokratiese land te woon?

Hoe is dit dan moontlik om godsdiensvryheid en die vryheid tot beweging, onderandere, in te perk sonder dat enige iemand ‘n woord daaroor sê nie?

Waar is die mense en organisasies wat in hierdie vryhede glo en so daarvoor veg.

Waar is die VF+, Afriform, OUTA en ander?

Wat tans gebeur druis in teen alles wat mens van ‘n vry land kan verwag. Menseregte word net so by die deur uitgemsyt!

Kyk bietjie van more af as die weermag patroleer. Hoekom is dit vir hulle nodig om so swaar gewapen te wees?
Iets is nie reg met die hele besigheid nie, wees almal maar gereed!

Anel ·

Behalwe die feit dat hulle jou van beweing ontneem, gaan stap met jou hond, gaan draf ens, bepaal hulle nog wat jy mag drink ook . En nie mag rook nie. Wat die afskaffing van drank betref of rook verbod verstaan ek nie so mooi nie. As dronkies nie hulle drank gaan kry nie en begin ontrek, kan hulle doodgaan as dit nie onder mediesetoesig is nie of hulle kan so kwaad word dat die mense om hulle dit gaan ongeld. Net so ook die rokers. Komunisme in sy ergste graad. Met hierdie reelings gaan.meer mense doodgaan as aan die virus self.

Anel ·

Hoe gaan hulle die beheer wat in plakkershutte en kampe woon. Om mense vir 21 dae in so hut te hou is onmenslik. Wat van die kinders? Wat van die geestes toestand van die mense? En die land spog met demokrasie? Die mense daar gaan meer siek word daar en doodgaan as op enige ander plek agv die stoestande. Hierdie is nie mooi oordink nie. Regering paniekerig. My siening.

Michael 1 ·

Ek dink dit is meer onkunde,hulle copy en paste net wat hulle by eerste wêreld lande sien maar vergeet dat sa se omstandighede anders is en daarom aangepas moet word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.