Covid-19: Hiér is Gauteng se brandpunte

Argieffoto ter illustrasie van Johannesburg. (Foto: Unsplash)

Altesaam 13 023 bevestigde gevalle Covid-19 en 87 verwante sterftes is tot op hede in Gauteng aangemeld. Johannesburg het in dié stadium die meeste gevalle van Covid-19 van al die metro’s en distrikte in die provinsie.

Die Gautengse departement van gesondheid het Woensdagoggend in ’n verklaring gesê 6 541 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is tot dusver in die Goudstad aangemeld. Altesaam 1 988 van dié pasiënte het reeds van die virus herstel terwyl 47 weens die virus omgekom het.

Luidens die verklaring het Ekurhuleni tans die tweede meeste Covid-19-gevalle in Gauteng met 2 592 bevestigde gevalle hiér aangemeld, gevolg deur Tshwane met 1 853 gevalle.

Onderskeidelik 20 pasiënte in Ekurhuleni en tien in Tshwane het reeds weens die nuwe koronavirus gesterf.

Aan die Wes-Rand het 955 pasiënte reeds die virus opgedoen van wie 288 herstel en agt gesterf het. In Sedibeng het 369 pasiënte positief getoets vir Covid-19 van wie 65 reeds herstel het. Die virus het die lewe van twee persone in Sedibeng geëis.

Só lyk die brandpunte per metro of distrik:

Johannesburg

Johannesburg (13 April 2020) (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

Die meeste van Johannesburg se Covid-19-gevalle is in die middestad en die suide van dié stad aangemeld (1 495) gevolg deur Doornkop, Soweto, Dobsonville en Protea Glen, met 1 092 gevalle.

Byna 1 000 gevalle (978) is terselfdertyd in Alexandra, Wynberg, Sandton, Orange Grove en Houghton aangemeld gevolg deur 814 bevestigde gevalle van Covid-19 in Randburg, Rosebank, Emmarentia, Greenside, Melville, Mayfair, Northcliff en Parktown.

Die Johannesburgse groepering met die minste gevalle in dié stadium is Orange Farm, Weilers Farm, Ennerdale, Lenasia, Eldoradopark en Protea-Suid met 485 gevalle.

Tshwane

(Foto: DA/Twitter)

Die meeste gevalle van Covid-19 in Tshwane blyk in die groepering van Atteridgeville, Laudium, die Pretoriase middestad, Hercules, Danville, Saulsville, Lotus en Pretoria-Wes te wees. Altesaam 630 gevalle is reeds in dié groepering aangemeld.

Die groepering Lyttelton, Eldoraigne, Waterkloof, Olievenhoutbosch, Rooihuiskraal, Lyttelton, Silverton, Centurion, Brooklyn en Hatfield het altesaam 404 gevalle van Covid-19 aangemeld, die tweede meeste in dié metro.

Gebiede soos Ekangala, Sokhulumi, Dark City, Zithobeni, Bronkhorstspruit, Kanana en Rethabiseng het tot op hede altesaam nog net 35 gevalle van die nuwe koronavirus aangemeld.

Ekurhuleni

Johannesburg (13 April 2020) (Foto: Jerome Delay/AP)

Die meeste van Ekurhuleni se gevalle van Covid-19-gevalle (749) is in die groepering Bedfordview, Benoni, Boksburg, Chief Albert Luthuli, Dan Kubheka, Edenvale, Endayeni, Esangweni en Itireleng aangemeld.

Die groepering van Birchleigh, Bonaero Park, Crystal Park, Erin, Ethafeni, Kempton Park, Olifantsfontein, Tembisa en Winnie Mandela het reeds 578 gevalle aangemeld.

Wes-Rand

Mogale City aan die Wes-Rand het reeds 352 gevalle van Covid-19 aangemeld gevolg deur Merafong City (333) en Rand West City met 184 gevalle van die nuwe koronavirus.

Sedibeng

In Sedibeng is die meeste gevalle van die nuwe koronavirus in Emfuleni (264) aangemeld gevolg deur Lesedi (54) en Midvaal (35).

Volgens die departement is dit in dié stadium onbekend presies waar soveel as 740 van die provinsie se gevalle aangemeld is.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Martie Smartie ·

Hy kan daai groeperings in sy julle weet was druk. Wie het dit uitgedink? Om gebiede wat se sosiale welstand en infrastruktuur in een groep te gooi, is sinloos. Jy straf nie die hele klas as 2 of 3 stout was nie. Probeer maar weer mnr

Gemaskerde Sopbeen ·

‘n Blinde wat na die agterkant van ‘n kaart gestaar het sou meer verklaarbare groeperings saamgestel het. Dit wil lyk na ‘n ontstellende gebrek aan logika en denke. Die onverkwiklike spulletjie laat my dink aan George Orwell se 1984 wat dit as “Truths” en “Untruths” beskryf het.

Jurie ·

Hierdie groeperings is absoluut absurd.Hoe kan jy Waterkloof en Olievenhoutbosch in dieselfde groep sit uit ‘n geografiese oogpunt !!.Dit is maar net een voorbeeld. In PE is die statistieke deurgegee per woonbuurt wat ‘n baie duideliker prentjie uitbeeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.