Covid-19: Laat jou hiér binne minute toets

Argieffoto ter illustrasie van ‘n inry-toetsstasie. (Foto: Wilfredo Lee, AP)

“Dit neem langer om die vorm in te vul as om getoets te word.”

Só het Moonira Mullah van Mullah Laboratoriums Dinsdag aan Maroela Media verduidelik oor hoe doeltreffend daar te werk gegaan word by ʼn inry-toetsdiens. Hier kan pasiënte binne enkele minute vir die nuwe koronavirus getoets word, sonder om hul motors te verlaat. Dit is net nog ʼn poging om die verspreiding van die virus te bekamp.

Suid-Korea het vroeër vanjaar lof vanuit talle oorde ontvang nadat dié land in Februarie inry-toetsstasies begin oprig het om soveel moontlik mense vir Covid-19 te laat toets. Suid-Afrika volg nou dié land se voorbeeld met verskeie inry-toetsstasies in die meeste provinsies. Pasiënte moet egter deur ʼn dokter verwys word om by so ʼn stasie getoets te kan word.

Mullah Laboratoriums is betrokke by die toets van pasiënte by agt van die noodlenigingsgroep Gift of the Givers se inry-toetsstasies.

Volgens Mullah kos ʼn toets by Gift of the Givers se inry-toetsstasies R700 stuk. Sy verduidelik dat dit hulle sowat twee minute neem om ʼn monster by ʼn pasiënt te neem. Die diensteverskaffer stuur dan die monsters na ʼn laboratorium om getoets te word. Pasiënte kan verwag om sowat 24 tot 48 uur vir hul toetsuitslae te wag.

Argieffoto ter illustrasie van ‘n inry-toetsstasie. (Foto: Wilfredo Lee, AP)

Mullah sê die inry-toetsdiens is nie net ʼn vinnige en doeltreffende manier om pasiënte vir Covid-19 te toets nie, maar ook baie veilig.

Volgens Mullah is dit baie belangrik vir Mullah Laboratoriums om die gemeenskap te dien en sy deel by te dra om die kurwe te help afplat en blootstelling aan die virus te verminder.

Gift of the Givers se inry-toetsstasies is geleë by Mayfair Wes en Wits in Johannesburg, Roshnee naby Vereniging, Jewelstraat in Pretoria, Ahmed Al Kadi-hospitaal in Durban, Midlands Medical Centre in Pietermaritzburg, MD24 in Shelley Beach en Momentum Metropolitan Life in Kaapstad.

Ander diensteverskaffers soos Ampath en Dischem is ook betrokke by inry-toetsdienste.

Herald Live berig die patologiediens Ampath Laboratoriums doen sedert verlede maand inry-toetse by verskeie toetsstasies, onder meer by sy tak in Pickeringstraat in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Die apteekgroep Dis-Chem het op sy beurt inry-toetsstasies by nege van sy apteke oor die land, insluitend Namibië aangekondig. Pasiënte moet by dié toetsstasies inry, registreer en R850 betaal om vir Covid-19 getoets te word. Toetsresultate is ook binne 24 tot 48 uur beskikbaar.

Lizeth Kruger, ʼn bestuurder van Dis-Chem, het aan eNCA gesê kontak word tot die minimum beperk aangesien pasiënte nie uit die motor hoef te klim om getoets te word nie.

Argieffoto ter illustrasie van ‘n inry-toetsstasie. (Foto: Wilfredo Lee, AP)

Ander inry-toetsstasies:

Gauteng

Die ingang van die Wanderers-krieketstadion in Illovo, Johannesburg

Die Morningside-inry-stasie by Rivoniaweg 173 in Johannesburg

Die Alberton-inry-stasie by Clintonweg 60 in Alberton

Die Lancet Corner Depot-inry-stasie op die hoek van Napier- en Mentonstraat in Richmond, Johannesburg

Die Rosebank Lancet-inry-stasie by Sturdeeweg 8 in Johannesburg

Die Bellstraat Depot-inry-stasie op die hoek van Bell- en Shannonstraat in Noordheuwel, Krugersdorp

Die Oberholzer Depot-inry-stasie by Van Zijl Smitstraat 54 in Oberholzer, Carletonville

Die Eugene Marais-inry-stasie by Vyfde Straat 663 in Les Marais, Pretoria

Wes-Kaap

Die inry-stasie by Mediclinic Cape Gate in Kaapstad

Die inry-stasie by die parkeerterrein van die Kingsbury-hospitaal in Wildernessstraat in Claremont, Kaapstad

Die inry-stasie by Smartsurv House in Century City, Kaapstad

Die inry-stasie by die DeBakke-parkeerterrein in Mosselbaai

KwaZulu-Natal

Die inry-stasie by Carlislestraat 73, Durban

Vrystaat

Die Westdene-inry-stasie by President Steynweg 66 in Bloemfontein

Limpopo

Die inry-stasie by Groblerstraat 44A in Polokwane

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan Venter ·

Jy kan maar gaan opsoek, Mpumalanga het ‘n paar “Drive through sites”

SomeOne ·

wat van staats afgetredes, waar moet ons die geld vandaan kry om “getoets” te word ?

Cherokee ·

As jy nie rede het tot kommer nie, is daar geen rede om te toets, nie.

Jan ·

Hie kan so kitstoets akkuraat wees…ander soorte irusse se toetse neem dan tyd en verg n laboratorium…

Agge nee ·

Is julle gek. Ek sal my nie laat toets nie, ek bly in die Limpopo. As ek positief toets, al is ek nie siek nie, gaan die LUR my in ‘n teringhospitaal toesluit. Sorry, dan gaan ek liewer doodstil, allenig in afsondering dood.

Mathilda ·

Waar kry die mense geld om te betaal vir die toets? Ek verstaan nie, want soveel mense het nou geen inkomste nie, maar nogsteeds moet jy honderde opdok vir die covid 19 toets. Net ‘n geldmaak manier.

Eerlik ·

Hoekom moet sekere mense daarvoor betaal as die staat dit verniet uitdeel? Kyk na die kompeterende pryse van die verskillende instansies. Lyk vir my soos nog n geld maak storie wat desperate mense sal lok. Ek betaal belasting en alhoewel my mediese fonds gese het hulle sal dit dek gaan ek nie misbruik daarvan maak nie, die staat moet die dienste voorsien.

Piet parys ·

Jy weet wat is die simptome van Covid 19 . Hoekom jou laat toets teen R 850 en dan die regering nog geld in die hande stop en om dan die res van die verniet toetse subsideer. Dis nou net weer n plan om die mense te melk omdat hulle bang is .

Abe ·

Dit is absoluut buitensporig. Geen persoon wat staats pensioen ontvang kan daardie bedrag betaal om getoets te word nie. Dit is uitbuiting van ‘n essensiële diens om vinnig geld te maak ten koste van jou mede mens.

Cherokee ·

Mense, daar is geen rede om te laat toets, tensy daar rede is tot kommer. Die belangrikste toets is om te sien of jy jouself veilig kan hou. En dit is gratis, verniet en vir mahala.

Carel Johannes ·

As pensioenarisse moet ek en my werderhelfte elke sent 2 keer omdraai om aan die lewe te bly. Wat jy vandag koop is more 10% duurder. Om R850 te gaan betaal, beteken om meer as ‘n week se noodsaaklike kruideniersware in te boet. Nee wat, op 74 jarige ouderdom verlang ek om my Skepper te ontmoet en as dit Sy wil is dat ek so moet gaan sal ek dit so aanvaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.