Covid-19-samevatting: Edgars, Jet maak dalk nie weer oop

Die moontlikheid bestaan dat die klerewinkels Edgars en Jet nie weer na die algehele landwye afsondering gaan kan oopmaak nie.

Grant Pattison, uitvoerende hoof van Edcon Holdings, het Vrydag in ’n onderhoud met eNCA gesê Edcon se 1 000 klerewinkels moet vir die volgende drie weke noodgedwonge toemaak weens die afsondering. Edcon Holdings is die eienaar van Edgars en Jet.

Volgens Pattison gaan die afsondering die winkelgroep byna R800 miljoen in verkope kos. Hy het ook gesê die groep se Maart-omset is R400 miljoen laer as voorspel. Die groep is boonop 45% van sy inkomste in die twee weke voor die afsondering kwyt.

Kolisi help in die stryd teen Covid-19

Siya Kolisi, kaptein van die Stormers en Springbokke, het ’n inisiatief aangekondig om handontsmettingsmiddels, maskers en ander noodsaaklike toerusting aan die Khayelitsha-hospitaal in Kaapstad en die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth te verskaf, ter ondersteuning van pogings om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Siya Kolisi. Argieffoto.

Die Stormers het in ’n verklaring gesê die Kolisi-stigting gaan onder meer as 4 000 liter handontsmettingsmiddel verskaf.

“Ons as ’n nasie moet trots wees op die manier waarop ons opperbevelvoerder, ons president, die wet bepaal het. Dit wys hoe belangrik dit is, maar ons kan nie alles aan die regering oorlaat nie. Ons het almal ’n rol om te speel. Vir sommige van ons is dit om tuis te bly en sommige van ons kan ons ’n bietjie meer doen as dit. Dit is om hulpbronne aan te bied en op enige manier te help,” het die Springbokkaptein gesê.

NSFAS

Die nasionale skema vir finansiële bystand vir studente (NSFAS) sal gesluit wees gedurende die algehele landwye afsondering.

Dr. Randall Carolissen, administrateur van NSFAS, het egter gesê die skema sal steeds aansoeke kan verwerk. “ʼn Gebeurlikheidsplan is geïmplementeer om alternatiewe kommunikasiekanale en platforms te versterk om volledige toeganklikheid te verseker,” het Carolissen gesê.

Carolissen het verduidelik dat NSFAS ’n virtuele kontaksentrum ingestel het wat oor die volgende 21 dae tussen Maandae tot Vrydae van 08:30 tot 17:00 op verskeie platforms sal wees. Besoek NSFAS se webwerf vir meer inligting.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Oumie7 ·

Sjoe die mense wat vir Edgars en Pep werk my hart gaan uit vir almal hoop en bid dat julle gaan oop bly dankie Siya ……

Sean ·

Siya jys n yster en n ware leier!!! Die res kan by jou leer!! Baie baie dankie

Elsa ·

Arme Edgars en Jet. Love die winkels maar diens is
Pateties. Rede vir swak prestasie? Verkeerde mense in bestuur?

Elsa ·

Née, dis die gehalte is Baie swak. Ek het al uitstekende diens by beside winkles ontvang

Kokerboom ·

Die Edgon geval is skrikwekkend. Waarom is daar van owerheidswee geen beweging om die ou gevestigde kleinhandelgroep wat so deel is van die SA samelewing en ‘n groot werkgewer is op die een of ander wyse te ondersteun nie? Al is dit net ‘n reddingsboei om die ongevraagde situasie te oorleef. Ons land se prioriteite veral die van regering toon groot vraagtekens!!!

Pim ·

Corona is beslis nie die rede hoekom Edcon onder gaan nie. Dis nou net ‘n gerieflike verskoning. Hulle grootste probleem is hulle gee rekenings aan elke persoon wat lyk of hy ‘n betaalstrokie het en dan word daai rekening nooit betaal nie. Die meeste Suid-Afrikaners dink daai limiet is ‘n target en hulle het nie geld om dit terug te betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.