Covid-19-samevatting: Reserwemag opgeroep

Lede van die SANW in Kaapstad (Foto: Ian Landsberg/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het lede van die reserwemag opgeroep om hulle tydens die algehele landwye afsondering by te staan in ’n poging om die verspreiding van die nuwe koronavirus (Covid-19) hok te slaan.

Die departement van verdediging het Saterdag in ’n verklaring gesê die Suid-Afrikaanse Militêre Mediese Diens het ook sy reserwemaglede opgeroep in die stryd teen Covid-19. Dit sluit in dokters, verpleegsters, noodwerkers en ander gesondheidspraktisyns.

“Die SANW is dankbaar teenoor die lede van die reserwemag vir hul bereidwilligheid om te dien en doen ʼn beroep op burgerlike werkgewers om hul personeellede beskikbaar te stel wat vir die reserwemag opgeroep is,” het die departement gesê.

Dr. Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Te min griepinspuitings

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand gesê Suid-Afrika het slegs ’n beperkte aantal voorraad griepinspuitings ontvang. Die inspuitings word ’n jaar voorruit bestel.

Volgens Mkhize het nie die publieke en private sektor die Covid-19-pandemie voorspel of verwag toe hulle hul bestellings geplaas het nie. “Dit beteken dat ons ʼn te klein voorraad griepinspuitings het,” het die minister gesê.

Gesondheidswerkers sal nou voorkeur geniet om die griepinspuiting te kry. “Die land kan nie bekostig dat die gesondheidswerkers siek word nie veral namate die griepseisoen naderkom. Dit is een van die belangrikste lesse wat ons by ander lande geleer het wat ook die pandemie ervaar,” het Mkhize gesê.

Teen Saterdagaand is 1 187 bevestigde gevalle Covid-19 in Suid-Afrika aangemeld.

Soveel gevalle wêreldwyd

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Andy Wong, AP)

Volgens die barometer Worldometer se statistieke is altesaam 664 192 bevestigde gevalle van Covid-19 teen Sondag vroegoggend regoor die wêreld aangemeld. Byna 31 000 pasiënte het reeds weens die virus omgekom terwyl meer as 142 000 reeds van Covid-19 herstel het.

Luidens dié statistieke het 490 945 pasiënte tans die virus waarvan 5% in ’n ernstige of kritieke toestand is (25 207).

Die VSA is tans die nuwe episentrum van die virus met 123 774 bevestigde gevalle van Covid-19. Meer as 2 200 pasiënte het reeds in die VSA weens die virus omgekom. Italië het reeds 92 472 bevestigde gevalle en 10 023 sterftes aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Anel ·

Ek het gedink die reserwemag is ontbind. Wonder of hierdie nie dan ou mk’s is nie. Hier kom iets leliks!

Anoniem ·

Ag Anel sien jy nou oorlog. Word eerder positief en sien dat hulle n goeie job probeer doen om hierdie klomp mense wat laks is van die straat af weg te hou sodat ek en jy n mindere kans het om aan te steek. Die tyd is nou so donker en depress dat n mens regtig nie nog negatiewe kommentaar nodig het nie.

Johan Venter ·

Lees gerus wat ek vir Cherokee onderaan Marius geantwoord het.

Johan Venter ·

Rom rom rom, die reserwemag kom
Nou is dit boomskraap
Lepels op die varkpan
Die kombuis is dolleeg
Nie ‘n lekseltjie is oor nie

Johan Venter ·

Ons weermag was reeds dun om die lyf, nou is daar niks oor nie.

Roggeveld ·

Hulle is dik om die lyf van rondlê en niks doen in basisse. Amper vergeet ek, soms pas hulle darem die politici se myne in die Kongo op.

Johan Venter ·

Ek het idee die reserwemag is daardie wie dit nie in MK gemaak het nie.

Marthinus Johannes ·

Januarie het die hele wereld al geweet wat in China aan die gebeur is en is die voorspellings al gemaak dat dit die wereld vol kan/gaan versprei. Toe moes Dokters en Hospitale al besef het hier kom n ding en begin voorsorg tref maar nee die tipiese arogansie van die mens veral die geleerdes dink mos dit gaan nie met ons gebeur nie. Soos met alle ander voorbeelde sit ons met die gebakte pere. Skole, weermag, kommunikasie, vervoer en medies. Alles stort in duie en wanneer daar n krisis opduik sit ons met ons vingers in plekke waar dit nie hoort nie. EN dan kry jy die wat nie bet arrogant is nie maar inhaling is ook en hier praat ons van die meer middelklas wat bet aan hulle self dink en niks aan ander gun nie.

Cherokee ·

Dit klink asof jy vies is oor leë winkelrakke. Oor items wat jy nie kon kry omdat jy te laat was daarvoor. Òns het bloot soos gewoonlik kruideniers vir die maand gekoop.

Pieter J ·

Ek het gewonder hoekom het die dokters en apteke nie soos gewoonlik hierdie tyd van die jaar griepinspuitings beskikbaar nie. Alles wat die regering betrokke by raak ontaard in ń gemors. My gesin kry al jare gereeld hierdie inspuitings en nou dat dit werklik saakmaak is daar nie.

Anel ·

Ek kan jou briefie dat al die regeringsamptenare geënt is. En baie gesondheidsorgpersoneel nie gaan kry nie.

Johan Venter ·

See mothers sorrowed with loneliness
Weeping the son slaved to exist
While masters sit crowned on a scarlet coloured beast
Conquering and to conquer with deceit

See the land we plough dry and barren
Giving birth to thorns and thistles of injustice and conned democracy
Silencing freedom of speech
Denying children to eat of their father’s struggles bread
While masters drink of our sweat milk and honey

See our streams in turbulence flow tears of anguish
Cried in silence of heart betrayed by the ballot,
Made captive by the hand that promised to feed
Peace in freedom of unity

See our dreams in the thickest of darkness
Haunted by nightmares of doom
Failing young hearts
Wandering empty streets barefooted and blistered
Fighting handicapped to exist

See tomorrow of a generation I beget,
Poverty laden streets rotten of incurable diseases,
Bullets and bombs sounding the master’s pride
Sucking innocent blood strength of their existence
Till all that’s left is tears we cry.

Johan Venter ·

Hierdie gedig kon net sowel vir vandag se tye in die land geskryf gewees het, niks het verander nie.

Amatambo ·

Wie het dit geskryf, Johan? Dis so ‘n raak beskrywing van die toestand waarin ons land sedert 1994 verval het, en nog is ‘t einde niet… Mense, mede-burgers, almal wat stemgeregtig is, dink goed voordat julle (wat nog oorbly)volgende jaar na die stembusse teo gaan tydens die munisipale verkiesings, en twee jaar later die nasionale verkiesings… Siener van Rensburg het hierdie ellendes reeds voor sy dood in 1926 voorspel – die swart regering (waartydens sy mede-burgers hom daaroor wou doodskiet) die “gees van verskrikking” (wat dalk hierdie selfde epidemie is waarin ons ons nou bevind); die hordes wat uit AFrika op ons sou toesak; maar hy het ook gesê daar sal hierna ‘n ommekeer kom – hierdie ou GODSMAN het dinge vooruit gesien en aangekondig wat nou met ons gebeur… en ‘n bekende skrywer (sal nie sy naam noem nie) het na Siener as ‘n “FLENTERGAT-PROFEET” verwys, Wonder of die skrywer nog so dink???

Johan Venter ·

Amatambo, die gedig is, “Cry my beloved country”, deur Joshua Munyaradzi Mimana, oorspronklik van Zimbabwe. Jy kan hom gaan Google.

Amatambo ·

Dankie tog dat ek reeds so twee weke gelede my jaarlikse griepinspuiting gekry het – inderdaad, my seun (‘n hoogs-opgeleide paramedikus) wat by my bly het verlede jaar reeds twee bestel/aangekoop, waarvan een die hele jaar in die yskas gebly het nadat hy verlede jaar een vir my ingespuit het. Inderdaad, ek kry reeds die afgelope 15 jaar elke jaar die “JAB” (soos hy dit noem) wat my (nou in my tagtigs) goed te staan kom.

Roggeveld ·

Ek is bang dat die griepinspuiting juis jou immuniteit tydelik so kan verlaag, dat jy meer vatbaar is vir Corona.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.