Covid-19-statistieke: 100 000 al ingeënt

Gesondheidswerkers wag by die Edendale-hospitaal om die Covid-19-entstof te ontvang. (Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Suid-Afrika het teen Vrydagaand altesame 100 180 gesondheidswerkers teen Covid-19 ingeënt – presies ʼn jaar nadat die eerste geval van die nuwe virus in Suid-Afrika bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize sê die land se herstelkoers staan tans op 94,6% en 1 437 050 mense uit 1 518 979 wat die virus opgedoen het, het reeds daarvan herstel.

Nog 1 313 nuwe gevalle van die virus is bevestig en daar is ʼn totaal van 31 363 aktiewe gevalle landwyd.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  9 640

Vrystaat:             6 121

Wes-Kaap:          5 662

Gauteng:             3 226

Noordwes:         2 473

Noord-Kaap:      2 061

Mpumalanga:    1 071

Limpopo:            850

Oos-Kaap:           259

Nog 104 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig. Hiervan was vier in die Oos-Kaap, 29 in die Vrystaat, 16 in Gauteng, agt in KwaZulu-Natal, 12 in Limpopo, drie in Mpumalanga, 15 in die Noord-Kaap en 17 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Noordwes aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Mooi man. So die nuutste nuus is van nou af die daaglikse getal ingeëntes. Met nog n grafiek wat bykom. Lieflik.

Johan ·

Kan ons nou maar aanbeweeg van die belaglike tyd af ASB…die mensdom het nou genoeg bewys hoe dom hul werklik is. Dink net hoe gaan mense oor 50jaar vir ons lag op hoe ons reageer het op n verkoue, dit nou as hul nie dan nogsteeds vir grafieke sit en kyk deur hul selfs meer belaglike maskers nie.

Hydi ·

Ag ou parra. Dis nie ‘n gewone verkoue nie – ek het dit gehad en dis nie speletjies nie

Johan ·

Ek het dit ook gehad…dis verkoue. Jy was maar net een van die klein % wat baie siek geword het…sê my gou, as jy oorleef het, was dit nodig om duisende mense honger te laat met die paniek wat jul saai? Hoeveel mense sterf agv die newe efekte van jul paniek? Ek moet nou nog gereeld (vir my werk) gaan toets, soms is dit positief (seker oorblyfsels) dan toets ek net weer, dan is dit negatief….hoe verduidelik jy daai belaglikheid? Maar gaan maar aan met jul twak, julle het BAIE meer mense laat sterf van die honger as wat moontlik kon sterf aan die slegte verkoue.

Johan ·

Het jou masker dan nie gewerk nie…skokkende nuus. Het die lockdown dan ook nie gewerk nie. Hoe is dit moontlik dat jy dit gekry het, jy was dan so getrou, en ons het ons hele ekonomie vir jou vernietig….stupids.

Jaco ·

100000 inëntings oor 2 weke. Dis 2.6miljoen inëntings per jaar. Dis 15 jaar net om die huidige 40 miljoen (2 derdes van 60 miljoen vir kudde immuniteit) te bereik. Maar na 15 jaar is die totale SA bevolking seker al 90 miljoen. So dié inëntings gaan NOOIT eindig nie EN lockdown gaan ook NOOIT eindig nie. WEG is toeskouersport, musiekfeeste, kunstefeeste, kerkdienste, toerisme. En “at random”, soos wat die barometer van haat teen wit mense styg en daal, gaan strande weer gesluit word voor die somervakansie en dan lank daarna weer oopgestel word. DIT is die PERMANENTE nuwe normaal vir die volgende paar dekades.

Johan ·

Mooi opgesom, intussen is meeste mense reeds bloodgestel en so ook reeds umien…maar jys reg, dit gaan nooit stop nie. Net soos daar elke jaar n nuwe verkoue is, en aangesien die ook maar verkoue is sal hul aanhou om nuwe virus variante te ontdek….elke jaar, soos nog altyd…

JohanR ·

40000000 om “herd immunity” te bereik. 100000 ‘n maand – 399 maande nog, meen dat ons 33.25 jaar sal vat om die 39900000 ingeent te kry. Ons sal soe in 2054 klaar kry met die inentings. Hopelik by daai tyd het die ANC ge #Voertsak!

NEO ·

Geen inenting vir my. Met minder as 1 present sterftes is dit kwalik ‘n pandemie.

Johan ·

Dis nie polio nie dis verkoue…het jy in 2018 “flu- shot” gevat? Die is dieselfde, maar die keer verkoop hul baie meer as in 2018.

Francois Le Cochon ·

Johan, verkoue veroorsaak nie beroertes, nier- en long versaking, bloedklonte, hartaanvalle, gehoor- en sig verlies, derm disfunksie en dood nie, soos wat covid wel doen. Mense wat van covid herstel, herstel eers werklik maande later, een dan ook soms nie 100% volkome. Met verkoue is dit nie die geval nie. Na ‘n jaar behoort jy mos nou al die verskil te ken tussen verkoue en die corona virus, behalwe as jy dit nie wil ken nie.

Johan ·

Na n jaar behoort jy te weet jul paniek en regulasies veroorsaak meer skade as wat die virus ooit kon droom om te doen. Baie meer mense raak nou van baie ander goed siek omdat hul eenvoudig nie kos het om te eet nie ( wat se skade rig die maskers nie alles aan nie, om nie eers te praat van wat dit aan ons kleingoed doen nie). So hou nou op om die regulasies wat deur jul paniek regverdig en ingestel word, te ondersteun…niemand wil siek word en doodgaan nie, maar julle en jul regulasies help niks.

Blomme ·

Jy klink verbitterd eerder as besorgd! Onthou, jou ‘verkoue’ het vele ander mense hartseer agtergelaat wat meer as een geliefde aan die dood hieraan afgestaan het. Kom asb met ń oplossing na vore? Klink asof jy presies weet wat gedoen moet word om dinge weer te normaliseer en te verhoed dat nog mense aan die ‘verkoue’ sterf.

Jan ·

Gaan die soeklig nou op newe-effekte en sterftes weens inentings val? Hoogs onwaarskynlik.

Jan ·

According to adverse incident reports collected by the Centers for Disease Control and Prevention (CDC) and the Food and Drug Administration (FDA) 966 individuals have died after having received an mRNA vaccine for COVID-19. The Epoch Times 6 Maart 2021

Jacobus ·

‘n Nuttige statistiek sou die menslike reaksie wees op inenting. Ek besef dat dit nie iets wat die magshebbers sou wou attent maak. Die sielkundige PR sou balie werd wees om bevolking aan te moedig. Ook nie goeie tyd vir leuens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.