Covid-19-statistieke: Aantal toetse, nuwe gevalle neem af

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 2 884 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 504 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 884 134 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 7%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (26%) aangemeld, gevolg deur die Noord-Kaap (22%) en die Vrystaat (14%). Die algehele aktiewe gevalle is 62 578.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 86 216 nadat nog 42 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 735 340 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 94,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 374 385 toetse vir Covid-19 gedoen, 21 440 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 112 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 8 474 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 16,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap174288 001
Vrystaat217159 228
Gauteng113914 196
KwaZulu-Natal391507 310
Limpopo14121 580
Mpumalanga43149 948
Noordwes59148 548
Noord-Kaap33888 961
Wes-Kaap155506 362
Totaal1 5042 884 134

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 602266 927
Vrystaat6 596144 541
Gauteng19 215892 245
KwaZulu-Natal14 199464 264
Limpopo3 949116 297
Mpumalanga1 957146 626
Noordwes4 029140 013
Noord-Kaap2 14481 037
Wes-Kaap19 525483 390
Totaal86 2162 735 340

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.