Covid-19-statistieke: Daling in nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Die getal positiewe Covid-19-gevalle het teen Vrydagaand op 2 805 604 gestaan nadat nog 9 199 nuwe gevalle bevestig is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is tans 143 702 aktiewe gevalle van die virus.

Nog 247 sterftes is bevestig en die algehele sterftesyfer staan op 83 161. Tot dusver het 2 578 741 mense reeds van die siekte herstel.

Byna 61 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen en die positiwiteitskoers staan op 15,1%. Dit is ʼn effense daling van die 15,6% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het.

KwaZulu-Natal bly die provinsie met die meeste nuwe gevalle (26%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 872
  • Vrystaat: 634
  • Gauteng: 679
  • KwaZulu-Natal: 2 425
  • Limpopo: 143
  • Mpumalanga: 482
  • Noordwes: 466
  • Noord-Kaap: 607
  • Wes-Kaap: 1 891
  • Totaal: 9 199

Die nuwe gevalle (9 199) is laer as ʼn dag tevore (9 203), maar hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (8 370).

Wat hospitaalopnames betref, is nog 383 mense opgeneem vir behandeling vir Covid-19. Meer as 412 000 mense moes tot dusver hospitaalbehandeling vir die virus kry en tans word 12 164 mense landwyd vir Covid-19 in hospitale behandel.

Vrydag is 236 040 mense teen Covid-19 ingeënt wat die algehele syfer op 13 364 328 te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.