Covid-19-statistieke: Een nuwe sterfte

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog 989 bevestigde gevalle van die koronavirus en een verwante sterfte is in Suid-Afrika aangemeld. Dié sterfte het egter nié in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind nie.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die jongste toename in gevalle verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 5,9%. Die koers het die vorige dag op 5,7% gestaan.

Minstens 3 713 252 virusgevalle is tot op hede aangemeld terwyl die sterftesyfer op 99 966 staan.

Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Die meeste nuwe gevalle is weer in Gauteng (37%) aangemeld gevolg deur die Wes-Kaap (29%) en KwaZulu-Natal (20%).

Daar is tans 13 723 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika.

Nog sewe Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal opgeneem. Altesame 1 961 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Meer as 33,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 27 Maart 2022Totale gevalle tot en met 27 Maart 2022
Oos-Kaap34344 879
Vrystaat22202 205
Gauteng3621 206 956
KwaZulu-Natal199659 228
Limpopo8155 697
Mpumalanga41193 065
Noordwes29192 832
Noord-Kaap8108 845
Wes-Kaap286649 545
Totaal9893 713 252

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frank ·

Hoeveel moorde, verkragtings, dood in ongelukke en ander oorsake was daar in vergelyke met die “ramp” waar een dood is?

Anel ·

In 2018, volgens StatistiekSA is daar 454014 mense net aan TB dood, maar die land is nie gesluit vir ‘n “pandemie” nie. En TB is hoogs aansteeklik en soos gesien kan word hoeveel mense hier net in een jaar daarvan dood is. Nou is een mens dood en die land is nog steeds in rep en roer. Siek man! Nou ja, of mense die komentaar gaan kan sien word ook bevraagreken want MM laat mos nie sulke statistieke toe nie.

Nommer 7 ·

Anel, in vorige kommentaar het u genoem dat syfers nie geglo kan word nie, want “die spul het seker nie eers wiskunde op skool gehad nie”. Tog haal u die “spul” se TB statistiek aan.

Misky ·

Een mens dood aan covid en 60 weens geweld in dieselfde periode. Wat of wie is dan die eintlike “ramp”?

Manie ·

Die 5de vlaag wat einde April/Mei verwag word, het nou blykbaar onder mekaar gekarfoeffel en het reeds ‘n koppelnaam tussen Delta en Omicron gekry. Wat kan die klomp patete nog uitdink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.