Covid-19-statistieke: Getal gevalle, sterftes en toetse gedoen

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Tot dusver is 55 421 gevalle reeds in die land aangemeld. Dit is ʼn toename van 2 430 sedert Dinsdag.

Nog 48 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig wat die landwye totaal op 1 210 te staan bring. Altesaam 37 van die sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, gevolg deur nege in die Oos-Kaap en twee in KwaZulu-Natal.

Volgens Mkhize het die Wes-Kaap steeds die meeste Covid-19-gevalle aangemeld, naamlik 36 021 gevalle gevolg deur Gauteng met 7 195 gevalle. Die Oos-Kaap het 7 154 gevalle en KwaZulu-Natal 3 347 gevalle. Die Vrystaat het 401 gevalle, Limpopo 257 gevalle, Mpumalanga 207 gevalle, Noordwes 657 gevalle en die Noord-Kaap 125 gevalle.

Tot dusver het 31 505 mense van die virus herstel.

Meer as 30 330 toetse uit 998 400 is in die afgelope 24-uursiklus gedoen.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

christo ·

ek glo glad nie die getalle wat hulle deurgee nie.meeste gevalle in wes kaap waar dit DA beheerde gebied is of dit is eintlik hulle wat werklik hulle werk doen en nou lyk hulle sleg omdat hulle die enigstes is wat nie traag is in hul werk nie.as jy longontsteking het of jy verstik aan jou eie spoeg het jy covid 19.die regering maak dat jy wonder of daar regtig so baie gevalle is of meer maar jy kan nie regering glo nie.ons almal weet hoe lank wag jy vir enigeiets in gauteng

Lizzy8 ·

Stem 100%. Hulle ruk die dam onder die eend se gat uit met die syfer. Hul lieg so.

Michael 1 ·

Hierdie is n mors van tyd dit gee nie die ware getalle aan nie.

BoerSonderRoer ·

Die getalle op hierdie stadium is irrelevant. SA was baie vêr agter ander lande, maar het baie lande nou verby gesteek.

Of ons toets te min, of Suid-Afrikaners voel ‘n veer vir die wet van die land.

Alleen Wolf ·

Hulle behoort ‘n veer te voel want dit gaan in elk geval geen verskil maak nie, die enigste oplossing is ‘n teenmiddel of vaksine, tot dan is hierdie huidige maatreels net ‘n vernietiging van die ekonomie en jou vryheid

Dries ·

Dit is beslis nie die ware syfer nie die ware syfers word weer Hou van die publiek af die in perking in Ander lande was streng toe die syfers geklim het en piek bereik het nou verslap dit omdat die syfers af neem ons inperking is net die teen oorgestelde ons syfers klim volgens die regering maar ons in perking reels verslap hoe werk hulle dit uit dit is hoekom hulle nie eers weet wat die ware syfers is nie wat te se nog raporteer

Lizzy8 ·

Ware syfer is, baie mense het dit reeds gehad. Meeste weet nie eers hulle het dit nie, want hulle dink dit is griep of verkoue. Hier en daar is daar wat ernstig siek word.

Pappa Beer ·

Ek wonder of die regering nie al begin komplikasies toon van rou vel, sagte naels en rumatiek nie. So vreeslike duimsuig kan nie goed wees vir n mens nie.

Karin ·

Ek glo nie die syfers nie, asook nie die ander lande sin nie. My rede is as volg: my sussie het twee mense wat vir haar werk wat alby in verskillende areas woon, dig bevolkte areas, hulle het geen familie, vriende of kennisse wat die virus het nie, so ook die geval met die persoon wat in ons tuin werk. Geen van ons familie of vriende wat in ander provinsies woon ken of weet van iemand wat die virus het nie. My man het werkskollegas in Duitsland, Frankryk, Brasil, Spanje en die Oekraiene, nie een van hulle weet van ‘n enkele persoon wat die virus het nie. Nou is my vraag, is dit moontlik ???? Selfs ‘n gesiene dokter by Pretoria Oos het gesê dat daar nog net 3 gevalle by hulle was……..

Alleen Wolf ·

Karin, ek glo daar is baie mense wat die virus het maar nie simptome het nie, die dilemma van wereld leiers regoor is dat hulle , hulle ore uitgeleen het vir die WGO, meeste besef nou dit was ‘n fout maar kan dit nie erken nie, wie gaan weer ‘n regering wat hulle finansieel gebreek het ondersteun in ‘n verkiesing ?
Ons eie regering was voortydig met hulle reaksie, daarom dat hulle die regulasies nou moet verslap alhoewel die s.g. infeksiekoers styg.
Ek glo in elk geval hulle het ‘n verskuilde agenda om die ANC se beleid van “Radikale Ekonomiese Transformasie” te bevorder, Ramaphosa bly daarop hamer in sy onlangse toesprake.

Alleen Wolf ·

Totale mors van tyd, hulle lieg soos tande trekkers, maar wat maak die getalle in elk geval saak, die mense is oorlede en hulle stryd op aarde is verby

Scalla ·

Ek weet vir n feit die persoon is oorlede aan emfiseem, sterftesetifikaat vana binnelandse sake meld wel natuurlike oorsaak maar die sterftekennis deur die dokter skryf covid, hoe nou?

Anel ·

Mense word om gekooo om Corona op doodsertifikaat te sit. Dit is om hulle geloofwaardig te laat lyk. Ek glo nie een mens is sovêr suiwer aan die virus dood nie. Nou moet hulle plan maak want daar is vir ons gelieg, mense het hul werk verloor en ly honger en miljarde rand is vermirs. Nou moet dit op ‘n manier geregverdig word. Met hierdie hele storie is die see onder die eedjie se stert uit geruk en het die regering ons in’ n komunistiese stast verander. Ons sal maak soos hulle sê.

Anoniem ·

Dit is dan oneerlikheid aan die dokter se kant veral as die pasient nie Covid 19 gehad het nie..

Pieter ·

998400 toetse reeds gedoen met 1210 sterftes, dit gee jou ‘n 0.0012% kans om dood te gaan aan die virus, ek is seker die regering jaag vrees onnodig aan rondom die hele situasie! Dan moet jy die sterftes met ‘n knippie sout neem want as selfmoord gelys word as korona-sterfte dan is daai syfer defnitief foutief!!

Adam Adriaan ·

Deur alle toetse daadelik te staak, word die land se probleem met die histerie en misleiding onmiddelik opgelos. Almal kan dan normaal voortgaan met hulle lewe en die ANC kaders hoef nie meer soos VReeeeslik hard te werk nie.
Dit wat voorgehou word as statestiek is nie eers die papier werd waarop dit geskryf staan nie. Hulle (ANC)mors almal se tyd en geld deur hierdie onbenullighede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.