Covid-19-statistieke: Herstelkoers styg steeds

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika se herstelkoers weens Covid-19 styg steeds en staan in hierdie stadium op 88,3%, sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in sy jongste bywerking van die syfers.

Altesaam 1 263 476 mense het reeds van die virus herstel, terwyl 1 430 648 gevalle van Covid-19 sedert Maart verlede jaar in Suid-Afrika bevestig is.

Nog 7 070 nuwe gevalle is sedert die vorige verslag bevestig.

Honderde nuwe sterftes is egter ook aangemeld, talle daarvan in Limpopo. Mkhize sê dié provinsie is steeds besig met ʼn oudit van alle sterftes in hospitale en werk die syfers daarvolgens by.

Altesaam 753 nuwe sterftes is aangemeld. Hiervan was ses in die Oos-Kaap, 17 in die Vrystaat, 75 in Gauteng, 261 in KwaZulu-Natal, 219 in Limpopo, 16 in Mpumalanga, 50 in Noordwes, sewe in die Noord-Kaap en 102 in die Wes-Kaap.

Dit bring die land se sterftesyfer op 42 550 te staan.

Suid-Afrika het in hierdie stadium 124 622 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die minister het Woensdagaand gesê die eerste besending entstof teen die virus kom na verwagting Maandag in die land aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois ·

Pateties. Dis al wat ek kan se. Daar is geen duidelikke getalle want vandag is dit 10 en more 1000. Die provinsies is almal aan die slaap en gee nie werklikke getalle deur. Weereens bewyse wat n onbeholpte ANC regerings en sy kaders.

Francois Le Cochon ·

Die metodiek wat tans gebruik word om covid statistieke te genereer is ontwikkel deur die Universiteit van Kaapstad (UCT).
As jy die statistiek betwyfel, watter ander metodiek stel jy voor?

Pietertjie ·

Dit klink my of Number One betrokke is by die tellery. One thousand and eleventy… Six thousand… Listen carefully!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.