Covid-19-statistieke: Meer as 4 000 nuwe gevalle

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 3 780 444 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 4 146 nuwe gevalle is aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 18,3%.

Nog vier sterftes is die afgelope 24 tot 48 uur bevestig. Dit bring die algehele sterftesyfer op 100 355 te staan.

ʼn Totaal van 22 710 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 12 520 (55,1%) in die private sektor en 10 190 (44,9%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (53%), gevolg deur KwaZulu-Natal (23%), die Wes-Kaap (11%), Vrystaat (4%), Mpumalanga, Oos-Kaap en Noordwes (2% elk) en die Noord-Kaap en Limpopo (1% elk).

Nuwe gevalle per provinsie:

Gauteng: 2 177
KwaZulu-Natal: 960
Wes-Kaap: 476
Vrystaat: 180
Mpumalanga: 98
Noordwes: 97
Oos-Kaap: 71
Noord-Kaap: 60
Limpopo: 27

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rayman ·

Regtig, ek kan nie glo mense glo nog hierdie leeuns wat vertel word nie dit raak belaglik

Sarie ·

Volgens ander publikasie praat die “minister” Vrydag. O wee.

Ian ·

Dis griep seisoen….. So what? Hoekom is dit nogsteeds nuus almal weet noual die sogenaamde covid is mutated griep.

Lillian ·

Ag hier gaat ons alweer. Meeste mense het snotneuse in die winter, of weet julle dit nog nie?

Frans ·

Alhoewel die simptome dieselfde is omdat dit aansteeklike respiratoriese siektes is,is dit twee verskillende virusse.Dit is selfs moontlik dat jy beide onder lede kan kry.As jy ingeënt is beteken dit nie dat jy nie gaan siek word nie-maar dat dit waarskynlik nie so erg gaan wees dat jy gaan doodgaan nie.

Nommer 7 ·

Doodreg Frans, Die risiko van ernstig siek raak, of selfs sterf, verhoog drasties indien iemand beide covid en griep op dieselfde tyd sou kry.

FranWilder ·

Ek dink hierdie covid gaan stadig begin optel tot December. Dan het ons weer n hard lockdown oor kersfees/nuwe jaar

Dis maar net my gevoel.

Kokerboom ·

As die agbare Minister net ander dringende siektes en die haglike toestande van sy hospitale met soveel oortuiging en passie wil aanpak, sal SA klaar ‘n beter plek wees! Maar o wee..dis geen publieke blootstelling op sosiale media en dis WERK!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.