Covid-19-statistieke: Meeste gevalle in KZN

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 2 923 054 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 319 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 31 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 89 251 te staan bring.

Altesaam 2 815 840 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 17 963 aktiewe gevalle van Covid-19.

Altesaam 33 526 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 18 663 (55,7%) in die private sektor en 14 863 (44,3%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (20%), gevolg deur Gauteng (18%), Vrystaat (17%), Wes-Kaap (14%), Oos-Kaap, Mpumalanga en Noord-Kaap (8%), Noordwes (5%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 63
  • Gauteng: 57
  • Vrystaat: 55
  • Wes-Kaap: 44
  • Mpumalanga: 26
  • Noord-Kaap: 26
  • Oos-Kaap: 24
  • Noordwes: 17
  • Limpopo: 7

Die departement het aangedui dat altesaam 22 965 123 inentings teen Donderdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Harley Davidson ·

Die covid is nogal slim gaan weg met die verkiesing en nou is hy weer terug en besig om groter te word.

annie ·

Mmm… Covid kyk dalk ook tv en sien hoe Sjina en Engeland nou weer begin skarrel. Hoe toets hulle of iemand gesond is? Wat beteken gesond? Is dit wanneer die virus nie meer positief toets nie of wanneer die pasiënt weer 100% sonder enige simptome is?

Raakvatter ·

Wonder ek ook. So 400 per dag nuwe gevalle, maar daar moet sekerlik meer as dit gesond word. Wat is gesond? Jy toets positief, en as jy na 2 weke nie sterf of hospitaal toe gaan nie dan tick ons jou nommer af, jy is nou gesond.

Gerhard ·

Die media werk seker hard om die dokters en hospitale te kry om saam te speel.

VaalDonkie ·

Gerhard, gaan bietjie na jou naaste hospitaal en dan gaan neem jy ‘n paar foto’s en video’s van hoe dit daar lyk.

Andre ·

Gerhard ja, doen soos donkie sê. Dan laat weet jy sommer hoeveel van daardie mense is daar agv die spuit en masker dra.

Danie ·

Andre, en dis gebasseer op watse een van jou ingeligte bronne…..?

Andre ·

Danie, Nie hoofstroom media en biljoenêrs wat nou skielik mediese wetenskaplikes is nie. Ook nie social media influencers nie. Of julle wat betasl word nie.

Andre ·

Danie, lees gerus die boek geskryf deur ene dr Anthony Fauci oor die “Spanish Flu”, die rol van maskerd en waarvan is die meeste mense dood. Maar hy was seker ‘n samesweerder wat daagliks ander storie sal hê.

MakersMark ·

Mense in die hospitaal agv maskers ? En inenting teen cv 19 ? Wereldwyd 3.9 bn dosisse toegedien, en 3.1 bn ten volle ingeent. Totale positiewe toetse vanaf Jan 2020 250 m infeksies, 5 m dood. Dis 2% afsterwe. In die UK 41.2 m dosisse entstof toegedien en 1645 sterftes wat aan die inenting toegeskryf kan word. Dis 0.004%. So watter is die groter risiko – 0.004% of 2%. Dink jou aanmerking sonder enige statistiek se bootjie sink nou.

Andre ·

Makers, vir jou ook: Danie, lees gerus die boek geskryf deur ene dr Anthony Fauci oor die “Spanish Flu”, die rol van maskerd en waarvan is die meeste mense dood. Maar hy was seker ‘n samesweerder wat daagliks ander storie sal hê.

MakersMark ·

Praat nie van al die mense wat gesterf het nie asook hul families wat moet maak of hul hartseer is. Praat nie van die wat weke in icu op ‘n ventilator moes wees nie dis uitstekende akteurs werk, hoop die staat het hul goed betaal. Baie goeie akteurs onder die bevolking wêreldwyd.

Andre ·

Daar is soos elke jaar baie gevaarlike virusse, waarvan mense sterf. Maar jy verwys seker na die geheime hospitale wat net een of twee keer per week besoekers toelaat. Om wat weg te steek. Gespuite mense wat nou skielik van die vreemdste oorsake in icu beland. En ek sal nie uitbrei oor wat daar aangaan nie.

Andre ·

Thom, vir jou ook: Danie, lees gerus die boek geskryf deur ene dr Anthony Fauci oor die “Spanish Flu”, die rol van maskerd en waarvan is die meeste mense dood. Maar hy was seker ‘n samesweerder wat daagliks ander storie sal hê.

MakersMark ·

So Andre daar is elke dag statistieke wat geaudit is oor hoeveelheid CV19 infeksies, mense wat gesond geword het, die in hospitale asook hoeveel afgesterf is. Waar is die statistiek vir “death by facemask”, aangesien ‘n masker soveel bydra tot siektes en sterftes ?

Pieter ·

Nee maar lekke Pio. Wens hulle kon dit van die nuus afgehaal het voordat ek en my hele familie Covid gekry het, en die 3 mense wat ek ken wat dood is aan Covid. Hulle sou dan sekerlik nog hier gewees het.

Thom ·

Pieter volgens hierdie mense was dit toneelspel en die wat dood is , het dit te oortuigend gedoen .

Dirk Mostert ·

Aa! Die verkiesing is nog warm en nuwe gevalle, sterftes en toetse neem reeds toe.

Gerhard ·

Die byeenkomstes het verseker nie gehelp nie. Ons gaan nou die feesseisoen binne waar almal rondreis en vakansie hou. Dit gaan dit ook weer erger maak.

Belinda ·

and so it begins… net om die vierde whateverste vlaag te “begin”net om die mense tuis te hou vir die december vakansies.

Thom ·

Ai , dit moet moeilik wwes om iets onderduims in alles te vind !?

MakersMark ·

Samesweerders en illuminatie bangmaak bendes. Ongelukkig hulle wat die meeste “illumination” nodig het want hulle ruite is van die dofste…..

Andre ·

Almal glo nie meer die storie van “Wees bang vir gogga” nie. Almal is nie so dof soos jy nie. Net hoofstroom media en modereerder glo jou nog.

Thom ·

Bedoel jy ___ ” Stadig besig om opwaarts gemanipuleer te word ” ?

Waarnemer ·

En hier begin dit…..vlak 5 is net om die draai,sommer so saam met algehele duisternis…koop kerse,parafien,gas en blikkieskos /mieliemeel/suiker en koffie mense….vergeet van kersgeskenke…..ons gaan met jan tuisbly se karretjie vakansie hou en sommer in duisternis gehul word ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.