Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle nou in KZN

(Argieffoto: Unsplash)

Al hoe meer nuwe Covid-19-gevalle word in KwaZulu-Natal aangemeld en altesame 29% van nuwe gevalle is nou in dié provinsie. Dit word gevolg deur die Wes-Kaap (27%), Oos-Kaap (11%), Gauteng (12%), die Vrystaat (6%), Mpumalanga (5%), die Noord-Kaap en Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Byna een uit elke vyf (19,9%) nuwe toetse wat gedoen word, is positief, sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) in sy daaglikse bywerking van syfers. Aktiewe gevalle staan op 162 205 en 2 411 753 mense het reeds van die virus herstel.

Altesame 13 672 nuwe gevalle is Donderdag bevestig, wat die algehele getal Covid-19-gevalle op  2 652 652 te staan bring.

Altesame 317 nuwe sterftes is bevestig en die algehele sterftesyfer staan nou op 78 694.

Nog 68 540 nuwe toetse vir die koronavirus is gedoen. Hiervan is 33 053 (48%) in die private sektor en 35 487 (52%) in die openbare sektor gedoen.

Die getal nuwe gevalle Donderdag (13 672) is laer as ʼn dag tevore (14 728) en hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (12 021).

Nog 536 mense is in hospitale landwyd opgeneem en 13 940 mense word tans vir Covid-19 in hospitale behandel.

Inentings vir diegene ouer as 18 open intussen Vrydag. Byna 192 000 mense is Donderdag teen Covid-19 ingeënt wat die algehele syfer op net meer as 10,1 miljoen inentings te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.