Covid-19-statistieke: Minder as 10 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het tot dusver altesaam 1 412 986 gevalle van Covid-19 bevestig en 8 147 nuwe gevalle is sedert die laaste verslag bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê nog 300 Covid-19-verwante sterfgevalle is sedertdien bevestig. Hiervan was 43 in die Oos-Kaap, 15 in die Vrystaat, 45 in Gauteng, 70 in KwaZulu-Natal, ses in Mpumalanga, 14 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en 105 in die Wes-Kaap.

Dit bring die sterftesyfer weens die virus in die land op 40 874 te staan.

Die herstelkoers staan tans op 87% nadat 1 230 520 mense van die virus herstel het.

Net meer as 46 000 nuwe toetse vir die koronavirus is gedoen.

KwaZulu-Natal het steeds die meeste aktiewe gevalle (48 482), gevolg deur die Wes-Kaap (25 901), Gauteng (21 941) en Noordwes (13 682).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KB ·

Hierdie syfers is ‘n pot bog. Die persoon wat dit moes manipuleer, het vergeet van die sterfgevalle van Limpopo (ek laat my nie vertel dat die ylbevolkte NoordKaap 2 sterfgevalle het, en Limpopo (met sy miljoene inwoners) nie ‘n enkele syfer het vir die naweek nie!

Strandloper ·

Stem, dit neuk maar om die uiters moelike beginsel van n telraam onder die knie te kry.

Dirk Mostert ·

Gefabriseerde pandemie in stand gehou met vals toetse.

Oom Kaspaas ·

Hulle bly hammer op die nuwe daaglikse gevalle, en dan gee hulle net die totaal van die wat herstel het, maar as jy dit gaan afbreek dan lyk dit baie meer belowend. Die gemiddelde herstel per dag vir die laaste 2 weke is amper 19600 per dag. Daar het in totaal 273 808 mense herstel van 11 – 24 Januarie.
tyd dat hulle ophou vrees afdwing op die mense en bietjie die positief begin deurgee. Vrees is die ding wat baie mense se simptome met 900 keer vererger, omdat hulle net negatiewe goed lees en hoor oral

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.