Covid-19-statistieke: Net meer as 250 000 gesondheidswerkers ingeënt

(Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand altesaam 1 546 735 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 756 nuwe gevalle is aangemeld.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 78 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 52 788 te staan bring.

Altesaam 45 van die sterftes is in Gauteng aangemeld, gevolg deur nege in KwaZulu-Natal, sewe in die Vrystaat, sewe in Limpopo, vier in Mpumalanga, drie in die Wes-Kaap, twee in die Noord-Kaap en een in die Oos-Kaap.

Altesaam 1 473 588 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.

Die departement het aangedui dat altesaam 251 707 gesondheidswerkers teen Dinsdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 413 871
KwaZulu-Natal: 333 887
Wes-Kaap: 282 596
Oos-Kaap: 195 391
Vrystaat: 83 155
Mpumalanga: 74 861
Noordwes: 63 666
Limpopo: 63 136
Noord-Kaap: 36 172

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.