Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers effens laer

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog 21 157 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld waarvan ’n kwart daarvan in KwaZulu-Natal aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die jongste toename in gevalle verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 29,1%.

Dit is laer as die 30,6% van die vorige dag. Die sewedaggemiddeld staan tans op 29,6%.

Nog 75 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf terwyl nog 411 koronaviruspasiënte in die hospitaal opgeneem is. Altesame 9 202 mense word nou vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Dít terwyl die land se dodetal op 90 662 staan met minstens 3 374 262 mense wat reeds die virus opgedoen het. Daar is tans 219 289 aktiewe gevalle.

Sowat 25% van die nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal aangemeld gevolg deur die Wes-Kaap (22%). Dié provinsies word gevolg deur Gauteng (20%), die Oos-Kaap (12%) en die Vrystaat (7%). Noordwes het 5% van die nuwe gevalle aangemeld gevolg deur Mpumalanga en Limpopo met 4% elk.

Die Noord-Kaap is tans verantwoordelik vir 2% van die land se nuwe Covid-19-gevalle.

Meer as 27,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 23 Desember 2021Totale gevalle tot en met 23 Desember 2021
Oos-Kaap2 459318 298
Vrystaat1 581185 380
Gauteng4 2061 118 707
KwaZulu-Natal5 241590 598
Limpopo763138 754
Mpumalanga836173 518
Noordwes1 073175 908
Noord-Kaap40199 719
Wes-Kaap4 597573 380
Totaal21 1573 374 262

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.