Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers styg

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 12 979 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 28.1% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 446 532 te staan.

Nog 126 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 91 061 te staan.

Minstens 21 187 864 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van KwaZulu-Natal (27%), gevolg deur die Wes-Kaap (26%). Gauteng verteenwoordig 17%, die Oos-Kaap 12%, die Vrystaat 5%, Noordwes 4% en Limpopo, Mpumalanga en die Noord-Kaap elk 3%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 472 hospitaal-opnames. Daar is tans 9 379 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 159 143 persone (91,7%) het reeds herstel.

Altesaam 27 955 112 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap1561326460
Vrystaat674188971
Gauteng22491132399
KwaZulu-Natal3461609469
Limpopo405141149
Mpumalanga451176415
Noordwes505178853
Noord-Kaap346101724
Wes-Kaap3327591092
Totaal129793446532

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1538029584415236326460
Vrystaat716716596315841188971
Gauteng200831090966213501132399
KwaZulu-Natal1502851729377148609469
Limpopo41591330853905141149
Mpumalanga20251694664924176415
Noordwes440416262311826178853
Noord-Kaap2455909148355101724
Wes-Kaap2036053298937743591092
Totaal9106131591431963283446532

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.