Covid-19-statistieke: SA steek 1,5 miljoen-kerf verby

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Maandagaand altesame 1 504 588 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad, terwyl minder as ʼn duisend nuwe gevalle in die jongste verslag aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê meer as 8,9 miljoen toetse vir die virus is sedert die uitbreking in Suid-Afrika gedoen, waarvan altesame 15 342 sedert die vorige verslag.

Hiervan het 792 mense positief vir die virus getoets.

ʼn Bykomende 97 sterftes is aangemeld. Hiervan was sewe in die Oos-Kaap, 30 in die Vrystaat, 15 in Gauteng, agt in KwaZulu-Natal, sewe in Mpumalanga, agt in die Noord-Kaap en 22 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Limpopo of Noordwes aangemeld nie.

Die land se herstelkoers vir Covid-19 staan tans op 93,9% en altesame 1 413 566 mense het reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het in hierdie stadium net meer as 41 000 aktiewe gevalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Casper ·

Dit is verblydend on te sien die herstelkoers verbeter en die aantal infeksiegevalle raak minder sowel as die sterftes.Ons weet ongelukkig nie hoeveel pasiënte is nog op ventilators nie en hoeveel is nog kritiek nie.

Baardman ·

So slegs 41 000 uit 59 000 000 is aktief. Intussen word die strop nogsteeds styf gehou om die nekke van Suid Afrikaners. Boonop is daar entstowwe beskikbaar (en Ivermectin). Waarom nog lockdown level 3?

Francois Le Cochon ·

Baardman, so jaar gelede was daar een geval in SA. Dit het veemeerder na 1,500,000 gevalle. Dink net hoe kan ‘slegs’ 41,000 gevalle in een jaar vermeerder as die inperkings regulasies verslap word. In Engeland gaan besighede eers op 12 April mag oopmaak.

Jedi Knight ·

Francois, so paar dae gelede was daar op Citizen se webwerf n artikel oor Swede se benadering (amper geen lockdown), geskryf deur iemand van PANDA. Gaan lees dit. Dit kom daarop neer dat die skrywer ook sê dat lockdown nie veel verskil maak nie. Dit help nie jy antwoord my terug nie, alhoewel jy kan as jy wil. :) Gaan lees net die artikel, ten spyte daarvan dat dit lynreg met jou mening verskil.

Francois Le Cochon ·

Karel, in Swede was dit nie nodig vir inperking regulasies nie, want die land se burgers het gehou by “vrywillige samewerking” van die regering se versoeke. Tans is Swede se nuwe- en sterftes gevalle meer as hul buurlande s’n.

Nici ·

Is die belangrike syfer nie hoeveel aktiewe gevalle reg nou nie? Die bloedbank se syfers is dat sowat 50% van die bevolking dit reeds gehad en herstel het, so die syfers beteken in elk geval nie veel nie. Eerder, wanneer gaan ons ophou bang wees vir lewe.

Karel Kobus Kruger ·

Ek vermoed party mense word bang gebore. Hulle is bang vir alles. Bang om op n motorfiets te ry. Bang om uit n vliegtuig te spring. Bang vir hoë risiko hoë opbrengs beleggings. Dalk is dit maar n simptoom van die moderne samelewing. As ek so na die geskiedenis kyk, lyk dit nie asof vorige geslagte so bang was nie.

Thom ·

Van my maats en ek het gedurende die oorlog bewys dat ons vir niks ” bang ” is nie en ons kwalifikasies en wat ons reeds bereik het wys dat ons ook nie onnosel is nie .

Karel Kobus Kruger ·

Diegene wat in n hoë risiko groep val of wat familie/vriende in die groep het, sal ten gunste wees van die entstof en inperkingsmaatreëls. Diegene wat egter nie in n hoë risiko groep val nie (soos ek), sal baie minder omgee. Dis maar net hoe dit in die lewe gaan. Bv. mense met kinders gee meer om wat in skole aangaan as mense sonder kinders, ens. ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.