Covid-19-statistieke: Só staan sake ná Nuwejaarsdag

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê 9 818 nuwe gevalle van die koronavirus is aangemeld, wat ’n positiwiteitskoers van 26,6% verteenwoordig.

Dié koers is effens laer vergeleke met die vorige verslag (27,2%). Die sewedaggemiddeld staan tans op 25,8%, effens hoër as die gemiddelde 25,7% van die vorige dag.

Nog 53 Covid-19-verwante sterftes is intussen aangemeld.

Die land se dodetal staan nou op 91 198 met minstens 3 468 079 mense in Suid-Afrika wat reeds die koronavirus opgedoen het.

Wat hospitalisasies betref, is nog 62 Covid-19-pasiënte sedert die vorige verslag in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Altesame 9 378 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap (26% elk) aangemeld. Dié provinsies word gevolg deur Gauteng (17%) en die Oos-Kaap (12%). Die Vrystaat en Mpumalanga het elk 5% van die nuwe gevalle aangemeld. Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap het op hul beurt elkeen 3% van nuwe gevalle aangemeld.

Daar is tans meer as 193 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 3 182 969 mense van die virus herstel.

Byna 28 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 1 Januarie 2022Totale gevalle tot en met 1 Januarie 2022
Oos-Kaap1 170329 042
Vrystaat489190 045
Gauteng1 6731 136 193
KwaZulu-Natal2 573614 978
Limpopo340141 913
Mpumalanga460177 303
Noordwes285179 474
Noord-Kaap306102 392
Wes-Kaap2 522596 739
Totaal9 8183 468 079

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Colombo ·

Laat jou inent.Dit is die korrekte optrede om te volg.Jy skuld dit aan jou naastes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.