Covid-19-statistieke: Soveel gevalle nou in SA

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Altesaam 29 240 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak is nou in Suid-Afrika aangemeld. Dit dui op ’n toename van 1 837 nuwe gevalle binne 24 uur.

Nog 34 Covid-19-verwante sterftes is in dié tyd aangemeld. Die land se dodetal staan nou op 611.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand dié syfers in sy jongste verklaring bevestig.

Die minister het gesê 14 370 pasiënte in Suid-Afrika het in dié stadium reeds van Covid-19 herstel. Dit dui op meer as die helfte van alle bevestigde gevalle (52,4%) in die land aangemeld.

Volgens Mkhize is 680 175 toetse tot op hede uitgevoer, waarvan 24 452 in die laaste 24 uur gedoen is. Die meerderheid van toetse tot dusver is in die openbare sektor uitgevoer (51%).

‘n Inwoner van Hammarsdale in KwaZulu-Natal word vir die nuwe koronavirus gesif. (Foto: Bongani Mbatha/ANA)

Die Wes-Kaap het steeds die meeste gevalle en sterftes van alle provinsies. Altesaam 17 754 pasiënte in dié provinsie het reeds positief getoets vir Covid-19, van wie 437 in dié stadium omgekom het.

Gauteng het op sy beurt reeds 3 329 Covid-19-gevalle aangemeld, gevolg deur die Oos-Kaap met 3 306 gevalle.

Verspreiding van Covid-19-sterftes volgens ouderdomsgroep:

OuderdomsgroepGetal sterftes
0-92 (0,3%)
10-191 (0,1%)
20-294 (0,6%)
30-3934 (5,6%)
40-4968 (11,1%)
50-59152 (24,9%)
60-69162 (26,5%)
70-79120 (19,6%)
80-8957 (9,5%)
90-9911 (1,8%)
Totaal611 (100%)

Sterftes volgens geslag:

ManlikVroulikTotaal
322289611

Sterfte- en herstelsyfers volgens provinsie:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap801 700
Vrystaat8124
Gauteng312 019
KwaZulu-Natal501 180
Limpopo397
Mpumalanga067
Noordwes145
Noord-Kaap131
Wes-Kaap4379 830
Totaal61115 093

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kobus2 ·

Wanneer iemand in beheer is van iets soos “statistieke”, is dit die maklikste ding op aarde om getalle na willekeur te verander om jou sotlike redenasie te regverdig VERAL wanneer niemand anders toegang tot daardie informasie het nie.
Die sterfgevalle wat aangemeld is, sou BUITENDIEN gesterf het, selfs al was daar geen “virus” nie. Dit word genoem “‘n natuurlike proses”. Lyk my jy kan van “vergrote aambeie op die regterlong” sterf, maar Korona virus sal op die doodsertifikaat aangebring word.
O, wat ‘n sirkus!!!!! Maar ek soek asb my toegangsgeld terug want ” it’s a pathetic show.”

OW ·

Geen statistieke was nog ooit akkuraat nie.Dit word eenvoudig gekook om dit na iets te laat lyk.Geen sirkus sal jou toegangsgeld teruggee nie want ‘n sirkus is een van die georganiseerdste en presiese sake wat mens kan kry op hierdie aarde.Een misstap en dis ‘n ramp.

Delon ·

as ons in ag neem dat al die “experts” saamstem dat 80% van mense wat covid kry nie simptome wys nie en sonder enige ernstige mediese bystand weer gesond word .
en dus nooit in ag geneem word wanneer die persentasie sterftes bepaal word nie
dan beteken dit dat covid minder mense doodmaak as griep , baie minder

Anel ·

En hongersnood gaan ook nog baie meer mense doodmaak. En as ek ‘n mening kan lug, meer mense gaan aan depresie begin lei en daar baie meer selfmoorde ook wees, selfs gesinsmoorde. Dit gaan alles die regering se skuld wees. ONBEVOEG!!!

Kobus ·

Ja, en in 4 maande is daar 350,000 mense dood aan “griep” in die wereld en 5 mil het aangesteek. Julle onkunde en ontkenning is verbysterend. Kyk na die nuutste berig oor die tekort aan hospitaalbeddends. Ons praat weer oor 3 maande…

Maroela Burger ·

Wil voorkom Dr Zweli Mkhezi kan nie somme doen nie. sy verklaring dat 52.4% reeds van die virus herstel het word nie weerspiëel in die getalle wat hy deurgee nie. 29240 bevestigde gevalle waarvan 14370 herstel het. dit gee vir jou ‘n 49.145%. ‘n Hele 952 minder herstellings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.