Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld 

Zweli Mkhize (Foto: Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 633 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 633 015 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 14 563 nadat nog 174 sterftes aangemeld is: 39 in KwaZulu-Natal, 50 in Gauteng, 24 in die Oos-Kaap, agt in die Vrystaat, 17 in die Wes-Kaap, nege in Noordwes en 27 in Mpumalanga.

Tot dusver het 554 887 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 88%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 747 101 toetse vir Covid-19 gedoen, 20 380 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap86 48913,7%
Vrystaat38 8696,1%
Gauteng211 67833,4%
KwaZulu-Natal114 03418%
Limpopo13 4882,1%
Mpumalanga24 7463,9%
Noordwes25 8164,1%
Noord-Kaap11 3131,8%
Wes-Kaap106 58216,8%
Totaal633 015100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap2 95682 2331 300
Vrystaat73926 05612 074
Gauteng3 730184 53823 410
KwaZulu-Natal2 203100 76611 065
Limpopo20212 647639
Mpumalanga37823 0461 322
Noordwes27520 0285 513
Noord-Kaap1347 5263 653
Wes-Kaap3 94698 0474 589
Totaal14 563554 88763 565

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Lig ons asseblief in oor die sg Solidarity Fund wat ook R?? miljoene hanteer en alles so geheimsinnig verloop nogal gebeeldsend vanuit ‘n weelderige huis van die glo beheerbeampte. Hoekom is ons amptelike finansdepartement nie in beheer nie of ten minste ‘n bekende instelling nie? Hier kom nog ‘n krisis! Kan mens eerlikwaar vir CR nog vertrou?

capie ·

Wat is die dodetal van pasiente wat net huis toe gestuur is en gesê is “Kom terug in Januarie, ons het die hospitaal nodig vir virus gevalle”. Ek praat van persoonlike ondervinding en Maroela Media mag my kommentaar publiseer.

Scalla ·

Capie, hul gaan seker die miljoen grafte wat reeds gegrou is voorlopig toegooi.

Tanniepetoors ·

Nee Scalla, hulle gaan probeer om die grafte in Pretoria te gebruik om die waterkrisis in die Noordkaap en elders te probeer oplos. Dis net dat die beplanningsfase tyd neem

Adriaan ·

Stel enige iemand nog belang in die syfers? Glo enige iemand dit? Is die werklike rede waaarom dit daagliks gepubliseer word nie maar net om die storielyn lewendig te hou nie?

marius ·

Hou nou maar op met die drama . Niemand glo meer jul selfverrykende spook storie nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.