Die DA het Maandag dokumente by die appèlhof ingedien in verband met pres. Jacob Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoeke om verlof tot appèl teen ʼn hooggeregshofbevel om korrupsieaanklagte teen Zuma weer aanhangig te maak.
James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, het gesê die party het hul betooghoofde ingedien waarin hulle aanvoer Zuma en die NVG se aansoeke “het geen meriete nie” en moet met koste van die hand gewys word.
“Ons voer aan dat albei aansoeke nie voldoen aan die vereiste dat daar ʼn redelike kans op sukses is en of dat daar dwingende redes bestaan hoekom dit aangehoor moet word nie. Dit is in belang van geregtigheid, die korrekte prosesse en die Grondwet dat daar voortgegaan word met die vervolging soos deur die hooggeregshof in Pretoria beveel,” het Selfe gesê.
“Dit is van uiterste openbare belang dat mnr. Zuma teregstaan op die 783 aanklagte van bedrog, korrupsie, rampokkery en geldwassery waarvan hy beskuldig word. Ons is positief dat die appèlhof gereed is om die saak spoedig aan te hoor en ons sal op 15 September aanvoer dat albei appèlaansoeke geweier moet word.”
Zuma en die NVG appelleer teen die hooggeregshof se bevinding van April 2016 dat 783 strafregtelike aanklagte weer teen die president ingestel moet word. Die appèlhof het in April gesê Zuma en NVG se aansoeke sal op dieselfde dag aangehoor word. Die hof het Zuma en die NVG tot 5 Junie gegee om hul betooghoofde in te dien.
Die DA voer al ʼn byna agt jaar lange stryd om weer die 783 aanklagte oor die sogenaamde spioenasiebande teen Zuma in te stel. Volgens die DA was Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, se besluit in 2009 om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie irrasioneel, onredelik en geneem met ʼn versteekte politieke motief.
Mpshe het die saak laat vaar nadat hy na die bandopnames, gesprekke tussen Bulelani Ngcuka, Mpshe se voorganger, en Leonard McCarthy, hoof van die Skerpioene, geluister het. Mpshe was glo van mening dat McCarthy die proses vir versteekte doeleindes gebruik het, naamlik ʼn politieke komplot om glo te verhoed dat Zuma staatspresident word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Niks van die aanklag gaan ondersoek word en dit gaan jare vat as daar ‘n ondersoek sou wees. Sapd is bang vir zuma
KOM DA – hoop die keer kom daar iets van alle julle klagtes teen ANC – al wat ons lees is – daar is klagtes ingedien maar dan hoor ons ook nooit weer iets daarvan af nie.
Sa! Vat hom Gerrie!
Is dit nie moontlik om die saak na die “ICC” toe te neem nie. ? (Voordat SA bedank daarvan)
DA, julle speel die publiek vir jare met jul aanhoudende, misleidende hofaansoeke teen Zuma! Julle weet dat Zuma nie vir 783klagtes in die tjoekie gaan beland nie! Daar is magte agter die skerm wat Zuma vrywar van vervolging! Daardie ouens wat so lekker vir Gerrie Nel skreeu, ek het vir jou nuus.Daar sal ook niks van kom as hy dit sou hanteer nie, want hul sal hom met die dood dreig! Gister het dit reeds aan die lig gekom dat n persoon wat n geheime stemming teen Zuma wil he, met die dood gedreig is.Kom ek spel dit uit.Gerrie Nel… Lees meer »