“Die Demokratiese Alliansie (DA) het aanklagte teen Merafong burgemeester, Maphefo Mogale-Letsie, aanhangig gemaak vir die oortreding van Artikel 151 (i) en (j) van die Nasionale Waterwet, omdat hy Merafong se inwoners aan besmette en skadelike water blootstel,” het Ina Cilliers, Gautengse LP van die party, gesê.
Die hoofkragkabel na die Wedela afvalwateraanleg is in Mei gesteel, wat veroorsaak het dat 1.5 miljoen liter rou riool daagliks in die Leeuspruit en Klipdrift dam inspoel, het sy gesê. Die veiligheidsmaatskappy wat gekontrakteer is om die aanleg te beveilig, het hul dienste opgeskort omdat hulle nie deur die munisipaliteit betaal is nie. Die gevolg is dat duur toerusting by die aanleg gesteel is.
Die koste om die skade by die aanlag te herstel, is na raming R850 000, het Cilliers gesê.
“Die munisipaliteit het die kabel en kapasiteit gehad om die kragkabel te herinstalleer, maar sonder veiligheid by die aanleg, sal die oefening tevergeefs wees. Terwyl burgemeester Mogale-Letsie terugsit en toelaat dat die situasie buite beheer raak, word mense se lewens in ernstige gevaar gestel.”
Cilliers het gesê sy sal aan die LUR van samewerkende regering en tradisionele sake, Jacob Mamabolo, skryf om die saak dringend te ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Hierdie Merafong lyk soos Carletonville se omgewing en dit lyk asof dit die Loopspruit kan wees. Ewenwel, dit lyk asof hierdie poefie ook eindig in SA se grootste rioolsloot nl. die Vaalrivier. Ons kry die mooi skoon helder drinkwater daar van Lesotho se kant en dan gooi ons kort-kort so ‘n bietjie [email protected]€ by. Vanaf die oorsprong van die Vaalrivier werk munisipaliteite en nywerhede net so lustig saam met maagwerk-entoesiasme om die nodige byvoeging te doen. Die houding is nou al so ingeburger dat “as ander dit kan doen sal my bietjie riool geen verskil maak”. Dis hoogtyd dat die… Lees meer »
Waterwese se mees bevoegte personeel is deur regstellende kandidate vervang wat nie die vermoë of wil het om hul werk te doen nie.
Volgens die waterwet is Waterwese die “custodian” van SA se water. Dit is ‘n ramp, net soos “demokrasie” onder die ANC ‘n ramp is en niks meer reg funksioneer nie.