DA-lid stem nie in tot parlementêre setel

Gwen Ngwenya het as beleidshoof van die DA bedank. Foto: Twitter (ANA)

In ʼn verdere probleem vir die DA het die party se adjunkwoordvoerder van finansies, Gwen Ngwenya, besluit om nie terug te keer parlement toe nie.

Ngwenya, wat tevore aan die Instituut vir Rasseverhoudinge verbonde was, was sedert begin verlede jaar ʼn DA-LP en tot in Januarie vanjaar die party se beleidshoof.

Sy het egter in Januarie as DA-beleidshoof bedank en gesê sy meen die DA neem nie beleid ernstig genoeg op nie. Dit het tot ʼn mate van spanning in die party gelei.

In ʼn twiet wat sy vandag uitgestuur het, het Ngwenya laat hoor: “Ek het besluit om nie my setel in die sesde parlement op te neem nie. Voordat ek by beleidsontwikkeling betrokke geraak het, het ek in finansiële tegnologie gewerk, en nou wil ek graag werk met raakpunte op die gebied van tegnologie en openbare beleid.

“Daar is uitstekende mense wat parlementslede gaan wees en ek wens die DA ʼn suksesvolle termyn toe,” het Ngwenya getwiet.

Sy is na wat verstaan word die enigste verkose DA-LP wat tot dusver aangedui het dat sy nie haar posisie in die Nasionale Vergadering gaan inneem nie. Sy bly ʼn DA-lid.

In reaksie het die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, gesê Ngwenya het ʼn baie positiewe bydrae gelewer tydens haar termyn in die parlement en die party wens haar alles van die beste vir die toekoms toe.

Die Wes-Kaapse oudpremier Helen Zille het daaraan toegevoeg dat Ngwenya se vertrek ʼn besliste verlies vir die DA is, en haar alles van die beste toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

JC, ek stem saam. Hulle beteken in elk geval niks nie. Veral as hulle die heeltyd n koalisie met eff wil vorm. Dit alles spreek boekdele.

Sê net ·

Jc lees weer die berig sy by ń DA lid so daar is geen brobleem nie! Neem aan jy het ook al selfs van pos verander in jou lewe.

Ellisras ·

Ek is ‘n pensionaris en ek het nog nooit enige party se beleid gelees nie. Dit is ‘n stuk papier wat vir my niks beteken nie. Ek kyk wat doen die party. Ek sien die EFF is ‘n klomp leë blikke. Ens. Ek dink sy het haar belangrikheid oorskat.

Cherokee ·

Jy het nog nooit enige party se konstitusie gelees nie, maar stem wel. Dit is ‘n tipiese verduideliking waarom DA-lede somtyds verbaas staan as ek sê hulle stem daarvoor dat bevoegde blankes oorsee moet gaan werk soek. As ek sê dat hulle as kieser ‘n aandeel het in die bankrotskap van Eskom. Ek kan veel meer byvoeg maar dit sal geen doel dien nie, want as die rommel-kanne elke oggend leeggemaak word en die straatligte brand, stem julle vir hulle.

Who cares ·

Die DA is net so korrup soos die ANC ..ons belastingbetalers betaal useless raadslede met geld wat beter aangewend kon word … Viva VF+

Ellisras ·

Wie gee om. Met die Engelse skuilnaam. Hoe bring jy die kloutjie by die oor. Ek hoop jy verstaan die suiwer Afrikaans.

Cherokee ·

Sak ek my kop en erken in hierdie betrokke draad verdien die DA-lid meer punte as diè van die VF-kieser. Jammer Ellisras, maar julle het ook soort gelykes in jul party.

Attie. ·

As alle Afrikaanssprekendes, wit, bruin en swart in volgende verkiesing vir die VF+ stem dan jaag ons die Engelese die see in en dan ontbind die DA. ‘n Puik land sonderEngels lekkerrr!!

Miggie ·

Die berig stel dit sagkuns in haar twiet wat choas veroorsaak het, het sy nie net gesê dat die DA nie beleid ernstig opvat nie, maar dat die DA se beleid dieselfde is as die ANC en EFF sin hulle verskil net op tegniese punte. Daardie stelling het n bydraende faktor gehad by die naratief dat die DA nie vertrou kan word nie nes die DA ANC koalisie in kanaland munisipaliteit. Die DA maak dus die ANC/EFF koalisie sterker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.