DA steun plan om skade in Brackenfell van EFF te verhaal

EFF-lede ruk Vrydag op na die Hoërskool Brackenfell. (Foto: EFF/Twitter)

Die DA sê hy steun die voorneme van die Stad Kaapstad om die skade wat Vrydag gedurende die EFF se betoging buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad aan munisipale eiendom aangerig is, van dié party te verhaal.

’n Brandweerwa is gedurende die betoging aan die brand gesteek, paaie en verkeersligte is beskadig en ’n stuk veld is afgebrand.

Die vensters van ’n motorhandelaar op die hoek van Paradys- en Ou Paarlweg is gebreek en skade is aan private motors aangerig. Verskeie winkels is geplunder.

Kaapstad beoog om die koste van die skade te bereken en dit dan van die EFF te verhaal.

“Dit is hoog tyd dat die EFF aanspreeklikheid vir hul dade neem,” sê Refiloe Nt’sekhe, DA-woordvoerder.

“Die EFF het niks in Brackenfell verloor nie. Hulle betoog teen sogenaamde rassisme, maar dit was niks anders as ʼn skandelike daad van politieke opportunisme nie.”

Die DA het ook die polisie, die metropolisie en ander wetstoepassingsagentskappe geloof dat hulle die situasie in bedwang probeer hou en saakbeskadiging beperk het.

“Die EFF het egter nie die stad se voorwaardes vir hierdie betoging nagekom nie.

“Terwyl ons almal se regte om te betoog, respekteer, kan dit nie ten koste van die regte van kinders of munisipale eiendom wees nie.”

Nt’sekhe sê die DA gaan ook stappe doen om aandag te gee aan wysigings aan tersaaklike wetgewing sodat die polisie in soortgelyke situasies beter bemagtig kan word.

Maroela Media het vroeër berig agt betogers is in hegtenis geneem nadat honderde lede van die EFF Vrydag weer na die skool opgeruk het. ’n Waterkanon en skokgranate is onder meer ingespan om die groot skare weg van die skool te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

gpsa ·

Sterkte daarmee goeie plan maar hulle sal waarskynlik se dit was hulle lede nie of so iets. En hulle wou kamstig eiendom van die boere beskerm in Senekal.

SomeOne ·

8 betogers kon nie al die skade aangerig het nie terwyl daar honderde intelligentloses amok gemaak het

Mariana ·

Nee wat hulle sal nie betaal nie. Hulle is die onaantasbares. Hulle het die goedkeuring van die ANC en die amok wat hulle maak is mos niks. Hulle het een doel voor oë en dit is om te breek en te brand, die sogenaamde rassisme hierdie geval is net verskoning vir hul dade. Hulle leier is obsessief oor witmense en hoe om ontslae te raak van ons.

Tanja ·

Die regter wat die EFF toestemming gegee het moet ook opdok

Drico ·

Ek hoop die regter wat toestemming gegee het vir die “vreedsame betoging” wat deur EFF sou plaasvind word ook oor die vingers getik. Hy het van meet af geweet geen betoging deur EFF lede is vreedsaam nie. Nou moet daar weereens opgeruim en herstel word na die spul breinlose wetters als vernietig het. Vergelyk die skade wat nou aangerig is met Senekal se skade en vergelyk die saak benadering van beide gevalle. Weereens n helse groot verskil: los die breinloses op waarskuwing, maar sluit die wit boer toe!!

JohanR ·

Die Regter Desai moet glo op 2 December su antwooed gee oor die optog. Wonder of dit n JA of NEE sal wees. Biettjie laat my Regter ou……the horse has bolted!

Stefan ·

Sterkte, hoe verhaal mens skade van ‘n gelykstaande aan ‘n 8 jarig kind?

Strandloper ·

Mmmmm…n man het n beter kans om pregnant te raak….

Jan ·

Almal met n bietjie breins weet dat die EFF die klein boetie van die ANC is en deur hulle beskerm word. Niks sal met hulle gebeur nie.

henndrik ·

Hulle moet ook vir die toerusting wat die SAPS en ander dienste moes gebruik om die optog gangers onder bedwang te bring terugbetaal. Die belasting betaler kan nie aanhou betaal omdat optog gangers onverantwoordelik is nie

Mad Mike die Rhodesiër ·

Die EFF hoor agter tralies vir hul optrede, nie net in Brackenfell nie, maar orals in SA.

Jackie ·

Geen goedkeuring vir n EFF betoging sonder n R5000000 depisito nie.

MrMagic ·

Dit is sowaar ‘n blink voorstel. Hoop dit word gunstiglik oorweeg.

Hennie J ·

Ag shame! Nou kondig die stad aan hulle gaan prosedeer en die DA se dit is mooi so. Van wanneer af is dit nuuswaardig as n munisipaliteit dit wat wetgewing van hom vereis, toepas? As die stad aangekondig het dat hy ook n saak teen die regter bring vir “dereliction of duties” of stiksienigheid of swak oordeel, dan sou ek saam gejubel het.

Hendrik ·

Goeie werk aan Stad Kaapstad en die DA.
Dit is betreurenswaardig dat die Polisie nog nie vir Julius Malema in hegtenis geneem het vir sy onvermoee om sy mense te beheer nie en haatuitsprake – die verbreeking van die wet is ‘n oortredding en niemand is verhewe bo die wet nie.
Dit is tyd dat Malema pa staan vir sy dade. Gee hom ook oranjeklere – miskien hoor en leer hy.

Petrus ·

My beskeie mening is dat die regter wat toestemming verleen het vir die protes verkeerd opgetree het.

Androclus ·

Ek kan nie sien dat winkels en ander geboue,padtekens,vullisdromme daar onder moet ly as hulle iets anders soek soos salaris verhoging of wat die geval ook al mag wees.Dom genoeg en die meeste van hulle het nie skool geloop nie en werk ook nie,so hulle geniet hulle om so te mors.

Genis ·

Eeerstens moes hulle nooit toestemming gekry het nie… dis twak die dat optogte almal se reg is… daar moet onderskeid getref word.. eksamens word geskryf.. Tweedens sluit vir Malema toe, hy is die aanhittser, hy moet ook uit die parlement uit.. Derdens verhaal die geld onmiddelik, en vat al hul bates en Malema se Sandton huis as hulle nie die vondse het nie…

agnes ·

EFF is self die grootste rassistiese en terroristiese groep . Weg met hulle, ons land sal soveel meer vreedsaam wees

Sussaraaa ·

Dalk moet die EFF leier toegesluit word. Dalk dan sal hul weet dat hy n leekop is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.