Die dag van afrekening wink vir Faith Muthambi, vertroueling en bewonderaar van oudpres. Jacob Zuma en voormalige kabinetslid, eers van kommunikasie en later van staatsdiens en administrasie.
Dit blyk uit ‘n antwoord van die huidige minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, op ‘n geskrewe parlementêre vraag van Desiree van der Walt, DA-LP van Tzaneen.
Muthambi, wat onverwags vanuit ‘n obskure munisipale pos in Louis Trichardt deur Zuma in die kabinet opgeneem is en allerweë deur kenners as ‘n absoluut rampspoedige aanstelling beskou word, was ‘n groot gunsteling van die president en het sy voorkeure altyd probeer bevredig, byvoorbeeld toe sy lede van die SAUK-raad probeer beïnvloed het om Hlaudi Motsoeneng aan te stel as hoofbeampte, met die woorde: “Pappa (dis nou Zuma) hou vreeslik baie van hom.”
Maar dit was nie Muthambi se kapperjolle met die aanstelling van vreemde mense soos Motsoeneng wat haar so kniediep in die pekel laat beland het nie. Die aanstellings waarvoor Van der Walt haar vasgetrap het, is die manier waarop sy aanstellings en inkomstes bekom het vir vriende en familie in haar kantoor en departement, die tersaaklike regulasies ten spyt.
Volgens Dlodlo het die Staatsdienskommissie nou sy ondersoek na die kwessie afgehandel. Die voortspruitende verslag is reeds verskaf aan pres. Cyril Ramaphosa en aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete.
Die verslae en bevindings lê nou op hul lessenaars en wag vir optrede, en Suid-Afrikaners sal in afwagting oplet of die stappe teen Muthambi ook kriminele vervolging sal insluit.
Kry vir jou!!
Hoeveelste staan Motambi op Cyril Ramaphosa se ANC 2019 verkiesings MP aanstellings naamlys? Sy hoort mos nie daarop nie en ook nie op enige ander regerings aanstellings naamlys nie, reg?
Agge nee, nie nog ‘n hoopvolle berig wat op niks gaan uitdraai nie. Cyril kan mos nou net soveel hanteer.
Dankie Faith, hier is vir jou ‘n goue handdruk, so paar duisend aandele van die reserwebank.
Ek sal maar liewers nie my asem ophou bie. Die spul korrupte narre is mos beskermde wild wat kan maak en breek soos hulle wil.Enige blanke ou wat nie ANC konbeksies het nie wat dieselfde manwales uithaal sal homself agter tralies bevind voor mens kan se mes.In SA today “some animals are more equal than others”,of so se die spreekwoord mos.Absoluut belaglik.
Same old same old
Mmmmm.
Wie onthou nog hoe vurig en selfvoldaan sy vir Zuma verdedig het in die parlement met die Nkandla sage? Die “Ons is in beheer en julle kan niks daaromtrent doen nie” houding.
So ek wag met verwagtinglose blymoedigheid vir die afrekening.
Bye gogo!
Hoeveel jare wag ons al vir optrede teen sulke anc lede. Dit het nog nooit gebeur en sal ook nooit gebeur nie, hulle sorg vir mekaar.
Dit word kastig links en regs vervolg, maar nie een sien ooit die binnekant van ‘n tronk nie en wie betaal die regskostes?
Mmmmmmmmm. Niks gaan met haar gebeur nie !
Dit is die grootse lieg storie verkondig deur die anc dat n kader vervolg sal word. Geen een van hulle sal n oranje pakkie dra tenspyte hoe skelm hulle is
Ek het volle vertroue (faith) dat die oud mini-ster se liggie binnekort nie meer so helder gaan skyn nie! Kanselleer dus asb haar Soustrein kaartjie!
Daar sal absoluut niks van kom nie. Wat sy wel sal kry is ‘n paar miljoen net omdat sy zuma verdedig het. Sy weet mos nou mooi hoe om korrup te wees so haar opleiding is nou voltooi en kan sy as minister aangestel word.
So moet n minister in z se kabinet lyk volgens sy behoefte.
hoeveel van hierdie onbekwame regeringsamptenare lê daar nog rond in die regering,provinsies en munisipaliteite nie? kry groot salarisse,ry rond in duur karre,help hulle self met ons belastingsgeld,ens…niemand sal dit van hulle weg vat nie…hulle is in beheer en denk hulle verdien hierdie luukse lewensstyl….vat nou want môre is dit miskien weg…noem my één Afrika land wat beter doen dan die armste west-europese land…amen
Hoe lekker lag sy nou terwyl sy haar miljoene geniet saam met al haar vriende en familie wat seker nog steeds vet salarisse ontvang, in so n geval moet al haar aanstellings wat sy gemaak het, ook ondersoek en gefire word
En daar wys die vinger na haar….
Dieselfde storie, ander dag, ander krimineel in Parlement. So sit hulle daar en niks gebeur met hulle nie, verander net van pos en bly steeds minister. Die ANC is so vol korruptes maar steeds stem mense vir hulle. Ongelooflik!!!!
Ek het nie meer FAITH nie !!!
Ek wonder of sy dalk by waterogies se party gaan aansluit?