David Rees steeds in waakeenheid

David Rees as Chris Welman in ‘7de Laan’. (Foto: Facebook)

David Rees word steeds in die waakeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg behandel nadat hy verlede Maandag ʼn hartomleiding gehad het.

Rees (55), bekend vir sy rol as Chris Welman in die SABC 2-sepie, 7de Laan, moes dringend dié operasie ondergaan nadat hy verlede Sondag ʼn hartaanval gehad het.

Volgens Corlia Strauss, Rees se publisiteitsbestuurder, kon sy hom nog nie self besoek nie, maar hou sy familie haar daagliks op hoogte van sy toestand.

“Hy is steeds in die waakeenheid en het nie ʼn goeie nag gehad nie. Die dokters is bekommerd oor sy asemhaling, maar hy is in goeie hande,” sê Strauss.

“Die konstante invloei van warm en positiewe boodskappe is egter baie bemoedigend.”

Die akteur, wat destyds bekendheid verwerf het as die stoutseun Nick Naudé in die sepie, Egoli – Plek van goud, behoort nie aan ʼn mediese fonds nie.

Die hospitaal het die familie tegemoet gekom met ʼn rekening, maar dit is ʼn massiewe bedrag wat ongelukkig net nie sonder hulp haalbaar is nie, sê Strauss.

“Rees se suster, Monique Buttle, het intussen ʼn Back a Buddy-fonds vir David gestig. ʼn Doelwit van R500 000 is op dié blad ingestel.”

Sowat R60 000 is reeds deur middel van die fonds ingesamel. Om tot die fonds by te dra, volg die Back a Buddy-skakel of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tink ·

Baie hartseer,ek vol nog al die jare die sepie,sterkte vir hom en sy familie

Mornay ·

Jammer om te hoor.
Was self hierdeur. R500 000.00 is bietjie min.
Hospitaal rekening was R 733 000.00
Kardio Vaskulêre Chirurg was
R84 000.00
Narkotiseer was R36 000.00
Biochemis was R46 000.00
Die lys gaan net aan an aan.
Maak julle reg vir R 2000 000.00
Diens was ook sleg in hospitaal
Het heeltyd asem verloor en in die toestand het hulle my soos ń dier vasgebind.
Raad gaan eerder Steve Bhiko toe.
Baie beter diens en jy gaan nie bankrot ander kant uitkom nie.
Privaat is net geldwolwe
Sterkte nogtans.

Annelize ·

Ek self se ook daardie R500 000 skiet ver te kort. My man se rekening was net net oor die Miljoen ‘n jaar terug, en dit by ‘n Privaat Hospitaal. Dank die Vader vir ons Mediese Fonds.

Shakespeare ·

Baie hartseer. David ek bid dat Jesus jou genees, en Hy sal, want Hy het jou siektes op Hom geneem.

Althes ·

Sterkte aan sy familie, ons glo en vertrou hy sal gesond daar uitstap.

Sues ·

Ek kan nie verstaan hoekom akteurs en sangers nie ten minste ‘n hospitaal plan het nie. Hy het tog ‘n vaste werk, of kry ‘n vaste werk as jy net ‘n tydelike speler is. Nou word daar van die publiek verwag om te help met sy mediese onkoste te betaal. Gaan na ‘n staats hospitaal as jy nie privaat kan bekostig nie.

Amelia ·

Ek stem saam. Ek het al so baie hierdie selfde storie van mense in die vermaaklikheidsbedryf gehoor – oor die algemeen van mense met meer geld as ek. As jou inkomste nie konsekwent is nie, moet jy geld wegsit vir sulke gebeurlikhede. Dit vat net ‘n bietjie dissipline.

Martie Smartie ·

Heeltemal waar Sues. Mens kan vir 2500/maand n heel skaflike hospitaal plan bekostig met onbeperkte hospitalisering en beitjie akute voordele ook. Dis wat ek het en ek het een afhanklike daarop ook.

Mickey ·

mens kan nie sonder ‘n mediese fonds in vandag se wereld wees nie. (praat van mense wat medies wel kan bekostig) Mense wil mooi karre ry en in mooi huise bly maar hul sal nie betaal vir ‘n mediese fonds nie. dan moet die familie altyd rondhardloop om geld by mekaar te maak. sterkte

Wit Leeu ·

Sterkte David en familie ! Ek bid baie hard vir julle ! Maak nie saak wat dit kos nie, word net gesond ! Die Here sal voorsien………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.