David Makhura, premier van Gauteng, beplan om dele van Gauteng tot rampgebiede te laat verklaar ná die kitsvloede wat vandeesweek in die provinsie voorgekom het.
Dit volg nadat erge skade op verskeie plekke in Johannesburg en aan die Oos-Rand deur kitsvloede aangerig is, motors vernietig en minstens ses mense dood is.
Volgens ʼn verklaring wat deur die provinsiale regering uitgereik is, het Makhura ten tyde van die vloede ʼn konferensie in Namibië bygewoon, maar wel ʼn verslag van die waarnemende premier, Paul Mashatile, ontvang oor die omvang van die skade en die dodetal weens die kitsvloede. Makhura is ook ingelig hoe die kitsvloede die Internasionale Lughawe OR Tambo geraak het.
“ʼn Beduidende aantal van ons inwoners in Gauteng is dakloos gelaat terwyl swaar reën steeds voorkom. Die plaaslike en provinsiale rampverligtingspanne het tot dusver uitstekende werk gedoen om tydelike verligting te bring vir mense wat geraak is,” het Makhura gesê.
“Ons doen die nodige stappe om ʼn ramp te verklaar sodat ons toegang kan kry tot die beskikbare hulpbronne om diegene in nood te help om hul lewe voort te sit.”
Makhura het gesê die Johannesburg en Ekurhuleni-munisipaliteite is reeds besig met herstelwerk aan die infrastruktuur, asook opgraderings om soortgelyke rampe in die toekoms te verhoed.
Die regering het Gauteng-inwoners gemaan om die naweek baie versigtig te wees, aangesien nog vloede verwag word. Die regering het ʼn beroep gedoen op inwoners in laagliggende gebiede en wat langs riviere en strome woon om die gebiede te ontruim en na hoogliggende gebiede te beweeg indien watervlakke begin styg.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het vroeër ʼn waarskuwing uitgereik dat swaar reën, hael, kitsvloede en stormsterk wind Vrydag oor die provinsie verwag word.
maar as dit bitter droog is gebeur daar niks…moet maar suffer!!
Dis die kleur my ou
Mense moet julle nie stuur aan enige waarskuwings Gaan voort met julle lewe en leef voluit. Môre sterf julle.
Kan nie plekkie by ‘n rivier of stroompie bekostig nie, moet maar hoog en droog in die dorp bly ;-)
Ja as dit bietjie baie reen fan word daar dadelik na ramp gebiede uigereik. Sommer gou rampgebied verklaar. Maar as droogte ons benadeel moet die Regering eers maan toe vlieg voor daar miskien die woord rampgebied geuiter word. Pateties die minderheid sal altyd benadeel word.
Enigste ramp gebied waarvan ek weet is die presidensie……..?!
Hahaha jou ou kwinkslag, Van.