Departement laat vaar koopbewyse vir boere

(Foto: Maroela Media)

Die departement van landbou het Donderdag aangekondig dat hy bestaansboere se hulpverligtingsprogram met onmiddellike effek opskort.

Boere het koopbewyse uit die presidensiële indiensneming-stimulus-pakket (PES) ontvang. Die departement sê hy “hersien en herontwerp” die implementering van die PES totdat alle kwessies aangeroer is.

Molatelo Mamadi, woordvoerder van die departement, sê dit is jammer dat die departement “tallose klagtes van PES-begunstigdes en die breër Suid-Afrikaanse publiek ontvang het”, oor uitdagings met die PES. “Hierdie kwessies kan nie onaangeroer bly nie, en daarom het die departement die besluit geneem om eerder tydelik die huidige inwerkingstelling daarvan op te skort.”

Begunstigdes word gemaan om hul selfone na te gaan vir boodskappe wat die departement van tyd tot tyd stuur.

Maroela Media het vroeër berig boere wat koepons ontvang het, kla dat hulle veel meer moet opdok vir spesifieke produkte. Boonop word hulle oënskynlik voorgesê oor waar om dié produkte te koop.

Noko Masipa, ʼn DA-lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou, het ook ʼn beroep op die minister, Thoko Didiza, gedoen om ʼn onafhanklike oudit van die noodleniging-koopbewysprogram te doen. Masipa sê daar was talle klagtes oor beweerde ongerymdhede en selfs moontlike bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Niks snaaks nie die geld het voete gekry na die sleg anc kaders toe.

SjN ·

Weereens korrupsie, koopbewyse kan seker nie vir luukshede gebruik word nie,

Di ·

As usual! alles waaraan ‘n ANC kader vat eindig in korrupsie of wanbesteding. Dink nie daar is ‘n ander land met SOVEEL skelms in hulle Regering soos SA nie.

Kobus ·

Gehoop hulle staak die kindertoelae , dan sal tienerswangerskappe staak

Andrew ·

Bestaan boer = kry geld van staat om te plant en sy diere kos te gee. hy plant en leef die res uit. hy verkoop die paar mielies en kool koppe wat oes baar was en nie geeet was nie (oordat hy nie kunsmis gekoop het soos hy moes nie) en dalk n bok of twee.
Volgende jaar kry hy maar net weer. Staat kan hom maar eintlik net die geld gee om te lewe dan hoef daar nie so baie geld na dep landbou te gaan waar nog n klomp niks wetende chiefs hulle self met blink karre en plase kan verryk nie.

Swerwer ·

Pragtig, so word ons geld vermors, sonder dat iemand belhalwe die ANC bewus is daarvan. En dit is hoekom daar nie voldoende fondse beskikbaar is om die regte boere wat ons land voorsien van voedsel by te staan en te help nie.

Perdeby ·

Alles wat hulle aanpak is ‘n flop, niks nuut nie, maar hulle kry ook nie die boodskap van hulle self af nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.