Departement moet provinsiale demografie in ag neem, sê ANC

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC het ʼn beroep op die departement van arbeid gedoen om provinsiale demografie te gebruik as hoeksteen vir staatsdiensaanstellingsbeleide in die Wes-Kaap.

Faiez Jacobs, sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, het gesê sy kantoor ontvang verskeie klagtes van bruin mense, die grootste groep in die Kaap, dat hulle nie in ag geneem word vir staatsdiensposte nie.

“Uit hierdie klagtes is dit duidelik dat staatsdepartemente die provinsiale demografie ignoreer en die nasionale demografie gebruik as die basis vir aanstellingsbeleide in die Wes-Kaap,” het Jacobs in ʼn verklaring gesê.

“Dit is ʼn verkeerde interpretasie van regstellende aksie en het tot woede, pyn en vyandigheid gelei oor ons nuwe demokratiese beleid en die bruin gemeenskap word hierdeur vervreem. Bruin mense is Afrikane en kwalifiseer vir regstellende aksie. Hulle moet nie aan diskriminasie onderwerp word nie. Hulle is die meerderheidsgroep in die provinsie en moet eerste voordeel trek uit beskikbare poste in staatsdepartemente en staatsinstansies.

“Ons doen ʼn beroep op die departement van arbeid om nie verder teen bruin mense te diskrimineer by staatsdepartemente in die provinsie nie.”

Hy het gesê ontevredenheid het vroeër in Januarie ʼn hoogtepunt in Mitchells Plain bereik toe bruin mense by die plaaslike departement van arbeid se kantoor bymekaargekom het en aangedui het dat hulle nie in ag geneem word vir poste waar swart mense aangestel word nie.

“Ons het met die departement van arbeid hieroor gesels en hulle gewaarsku dat sulke persepsies tot betogings kan lei. Ons wil dit nie hê nie. Ons bou ʼn verenigde land wat ʼn nuwe era saam betree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

B ·

Net jammer dit word nie toegepas op skooltoelatings? (Tov die demografie van die woonbuurt)

PJ ·

Is dit nie die einste anc wat n paar jaar terug gesè het daar is te veel ” kleurlinge” in die Wes Kaap en hulle moet bietjie meer versprei oor die res van Suid Afrika ?

Cicero ·

Einste! Maar, onthou hierdie is ‘n verkiessingsjaar en die ANC maak hom reg om die bal wat die DA in die Wes-Kaap laat val het op te raap en te hardloop.

Maljan ·

Wel slaat my plat met n pap snoek. Die departement neem enige demografie in ag met indiensneming? Alle staatsdepartemente is dan so verteenwoordigend van die eenkleur reënboognasie

Johan ·

Wat n grap! Die ANC het nog altyd baklei vir nasionale demografie ten koste van hoe individuele provinsies lyk en ten koste van bruin gemeenskappe. Pure lippediens!

Henk ·

Dan is dit mos dieselfde redenasie vir dorpe en stede ook. Dus as jy in Soweto bly dan kan jy 100% bbbeee wees en as jy in Pretoria bly 80 persent wit werknemers?

Domvraag ·

Transformasie en demografie in die oë van die Anc beteken net swart oorheersing. Geskiedenis van Afrika wys sterkste ras oorheers en verjaag /moor minderhede uit.
Almal wat teen die transformasie is, word as rassiste beskou.
Na meer as 25 jaar word ras gebruik om poste te vul. Wat së dit vir jou. Is dit n geval dat so n ras minderwaardig/onbevoeg is en wette moet gebruik om aanstellings te regverdig — ek weet nie, maar së jy vir my
. Die beleid is nie n beleid van ” die regte persoon vir die pos nie”
As jy op grond van jou ras of velkleur kwalifiseer vir n pos, is dit niks as skending van menseregte en rassisme.

Anti-Haas ·

ANC soek net stemme in die Wes-Kaap………
Sal die broodjies mooi smeer met vals beloftes….

BlinkStephaans ·

Ag maar baie geluk Mnr. Jacobs. Die oulikste vir my is dat jy en jou mede afrikane nog steeds vir die anc sal stem in die komende verkiesing… ongeag hoe hulle julle deur die ore werk. Welkom man… dit het maar n tydjie gevat vir jou om agter te kom wat aangaan.

Anoniem ·

“Bruinmense is Afrikane en kwalifiseer vir regstellende aksie. Hulle moet nie aan diskriminasie onderwerp word nie.”

DUSkan ons hieruit aflei dat die ANC op grond van ras teen witmense diskrimineer… Is daar nie internasionale wetgewing hierteen nie?

PJC ·

Hierdie uitlatings word maar net gemaak as gevolg van die verkiesing wat om die draai is. Sodra die verkiesing verby is gaan dinge maar weer aan soos voorheen want die bruines is ook ń minderheid binne die ANC. Hulle wil maar net nie erken dat hulle net gebruik word nie.

Johan H. ·

Plaas julle dof kabinet ook verteenwoordigheid weerspieel. Die tronke is al wat demografie volgens die massas weerspieel,,,,,

khat ·

Nou se julle vir my hoekom moet wit kinders uitgesluit word vir werk na skool dis mos rasisties en ek dog rasisme is strafbaar met tronk straf wys net hoe dubbel sunnig ons anc regering is hulle is nie net korup en opstandig nie hulle ia ook rasisties dis waarom ek net mense aanstel wat ek dink die werk kan doen ek basta met rasistiese ans akpp dcaa wat ook al die ander rasistiese partye daar ook is

Slim antwoord ·

Hulle diskrimineer ook maar tussen mense mer die regte velkleur. Alle donker !ense is nie swart ras nie.

Koos ·

Demografie behoort NOOIT enigsins ‘n faktor te wees nie. Niks anders as bevoegdheid moet in ag geneem word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.