Departement ondersoek verkragtings by twee Gauteng-hospitale

(Argieffoto: Bret Kavanaugh/Unsplash)

Die departement van gesondheid in Gauteng sê hy doen interne ondersoeke na twee bewerings van verkragtings wat by hospitale in die provinsie aangemeld is.

Die verkragtings het glo by die Charlotte Maxeke Johannesburg- akademiese hospitaal in Johannesburg en die Stanza Bopape-gemeenskapgesondheidsentrum in Pretoria plaasgevind.

Kwara Kekana, woordvoerder van die departement, sê ʼn verpleër is geskors nadat hy glo Donderdag ʼn manspasiënt in die Stanza Bopape-sentrum verkrag het.

Wat betref die voorval by die Johannesburgse hospitaal het ʼn 22-jarige verpleër glo ʼn 15-jarige seun in die hospitaal verkrag. Die verpleër werk in die geestesgesondheidafdeling.

“Albei voorvalle is by die polisie vir verdere ondersoek aangemeld. Berading is ook vir die betrokke pasiënte gereël,” het Kekana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Nie eerdte geval vir Gauteng nie. Personeel wat met voorvalle verbind word is hulle geskors

Sarel ·

Hoof van Gesondheid het bedank. Wat gaan nou vzn die sake worf

shari ·

Wat nog.Kinders word in plekke verkrag waar hulle veronderstel is on veilig en versorg te wees.Ai die nuwe Suid Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.