Derek Watts (74) sterf

Derek Watts (Foto: Carte Blanche)

Die bekende Carte Blanche-aanbieder en joernalis Derek Watts is Dinsdag in die ouderdom van 74 oorlede.

Watts is verlede jaar met kanker gediagnoseer. Sy diagnose is in Junie tydens ʼn uitsending van Carte Blanche bekend gemaak dat hy verlede jaar met velkanker gediagnoseer is wat na sy longe versprei het.

Maroela Media het in April berig dat Watts weer moes leer loop nadat hy die maand tevore inmekaargesak en in die hospitaal opgeëindig het.

Die TV-persoonlikheid, wat ʼn huishoudelike naam geword het as deel van dié ondersoekende joernalistiekprogram, het aanvanklik gedink dat hy ʼn beroerte gekry het, maar die dokters het egter vasgestel dat dit ernstige sepsis was.

Watts was sedert Carte Blanche se ontstaan in 1988 deel van die program en het hy een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde en erkende ondersoekende joernaliste geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

GWS ·

Dit is nou ‘n groot verlies. My innige simpatie aan sy familie, vriende en kollegas.

Johan ·

Ai, dis hartseer. Hy gaan gemis word, was n mens met integriteit. RIV. Serkte aan sy naasbestaandes.

Lakemalawi ·

So hatseer. Ek kan nie glo hy was al 74 nie, hy het dit beslis nie gelyk nie. Rus sag gentle giant.

Blomme ·

Innige simpatie aan sy Geliefdes. ñ Ware Held. Mag hy in vrede rus.

Karoo ·

‘n Reus het geval. Wat’ n ongelooflike joernalis en wat ‘n wonderlike bydrae het hy nie tot SA joernalistiek gemaak nie. Ons gaan jou BAIE mis.

Wielspore ·

Sy bekende stem en sy sterk persoonlikheid is nou stil, ons gaan hom mis. Sterkte aan sy familie en vriende.

Goldy ·

Rus in vrede, jy het meer gedoen vir die land as al die nuwe politici en staatsamptenare saam

Susan ·

RIV. Bid vir vertroosting vir familie, vriende & kolegas. Jy sal gemis word.

Debbie ·

My innige simpatie met die familie. Dit is n massiewe verlies vir MNet omdat hy die gesig van Carte Blanche was. Dit was altyd so n groot plesier om na hom te kyk sondae aande 7 uur. My hart is stukkend.

Sonblom ·

Aag nee Derek! So so jammer om hierdie te hoor. Ek hoop jy trek nou jou baadjie uit en dans verder in die hemel. Sterkte aan die familie en vriende en kollegas.

Samuel ·

Hy was beslis ‘n gerekende journalis. Sterkte aan sy naasbestaandes.

Elizabeth ·

Derek was ñ groot gees en het nie gestuit vir die duiwel. Mag sy familie vrede en vertroosting vind. Geen lyding en vrees meer vir hom.
RIV ons sal jou altyd onthou as Mnr Carte Carte Blanche ????

Mnr De Beer ·

Mr Derek Watts was enigste rede hoekom ek nog tv gekyk het. Sport is al wat nou oor is om te kan kyk. Carte Blanche verloor n groot reus.

Realis Thailand ·

My innige simpatie aan die familie en n man wat baie vir SA gedoen het
hy was n uitstaande TV joernalis en het nooit geskroom om reguit vrae te vra nie
Mag sy familie vrede vind in sy afsterwe
hy gaa ngemis word deur baie mense

Ronél ·

Hartseerste nuus, respek vir die REUS wat nie meer met ons is nie.

Leona ·

Innige simpatie aan Derek’s se afterwards. Hy was verseker ‘n groot leier op talle gebiede. RIV Derek.

AH ·

Baie hartseer en onwerklik. Dit voel asof ‘n groot ikoon soos hy onsterflik moet wees. Rus in vrede Derek Watts.

Nico ·

‘n Groot seder in die joernalistiek het geval. Hy het diep spore getrap vir ander om te volg.

Andries ·

Derek se kenmerkende stem word alreeds baie gemis op ‘n Sondagaand. Hy het altyd gesê “Have a magic week and cheers for now!!”

Cheers for now Derek. Rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.