’n Luide applous kon Dinsdag in die Sandton-konvensiesentrum gehoor word toe die Russiese president, Wladimir Poetin, op ’n groot skerm verskyn het. Sommige in die gehoor het uit hul stoele opgestaan.
Lees meerAlles vir Dinsdag 22 Augustus 2023
Inwoners moet self kan besluit oor vullisverwydering
“Inwoners moet die opsie hê om te kies of hulle die Tshwane-metro se dienste wil gebruik of eerder gebruik wil maak van ’n privaat vullisverwyderingsmaatskappy.”
Brics: SA ‘passasier op skip van magsblok vyandig teenoor Weste’
ʼn Wesenlike gevaar bestaan dat Suid-Afrika sy gevestigde handelsbetrekkinge met sy grootste handelsvennote in die Weste kan benadeel indien die Brics-groepering – met China en Rusland aan die spits – se verhouding met die VSA as prominentste rolspeler verbrokkel.
Eerste kinders uit kabelkar in Pakistan gered
“Die reddingspoging duur voort, maar die helikopters kan nie in die donker vlieg nie.”
Phala Phala: Paia-aansoek om Reserwebank se verslag te bekom
“Indien daar nie enigiets is om weg te steek nie, sal die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, voldoen aan die Paia-aansoek sodat die mense van Suid-Afrika kan sien dat dit nie bloot ʼn toesmeerdery is nie.”
Lasbrief bekom om Jaco Swart in hegtenis te neem
Dit hou verband met ’n saak waar hy daarvan aangekla word dat hy na bewering ’n polisievrou aangerand het.
Vermiste pa en seun van PE dood gevind
Edwin de Vos en sy seun Leonardo is het Sondagoggend van hul huis weggery in ʼn motor wat hulle vroeër vir ʼn vrou herstel het.
Drie van polisie bly agter tralies oor ‘afpersing, ontvoering’
Hulle het glo geld van die vragmotoreienaar geëis om nie sy 17-jarige seun, wat die voertuig bestuur het, in hegtenis te neem nie.
Moord op fluitjieblaser: ‘Hulle moet sê wie gee opdrag’
Ses mense is Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind en gevonnis twee jaar ná die moord op Babita Deokaran, waarnemende finansiële hoof van die Gautengse departement van gesondheid.
Derek Watts (74) sterf
Watts is verlede jaar met kanker gediagnoseer.
ToekomsVenster: Christene bly nie lê nie
Val is nie sleg nie, dis net sleg as jy bly lê. Christene bly nie lê nie, nie as die Woord van God die waarheid is nie. Sy beloftes en Gees sal jou toerus.
SA avokado’s binnekort op pad China toe
“In die afgelope paar jaar het die avokadobedryf met 4 750 ha uitgebrei wat die algehele omvang tot meer as 18 000 ha verhoog het.”
SA rol rooitapyt vir China uit
Pres. Cyril Ramaphosa het weer na die ANC se Vryheidsmanifes gegryp toe hy gesê het die vriendskap tussen Suid-Afrika en China is ʼn lewende bewys van “vrede en vriendskap”.
Die Piesangskille bly bo-aan die Top-20
Die Piesangskille bly vir eers op die nommer een-posisie met “Inge 2”.
RPO mik nou vir China
“Die plaaslike produsentepryse en die pryse van speenkalwers en voerlammers het reeds jaar tot jaar met 20% gedaal.”
Wayde wil weer spiere bult
Sewe jaar nadat hy die 400 m-wêreldrekord na ʼn blitsige 43.03 sekondes verbeter het, wil Wayde van Niekerk wys dat hy steeds ʼn atletiekkrag is om mee rekening te hou.
Reserwebank interpreteer mandaat ‘te eng’
“Mense se vrae is geregverdig en kan toegeskryf word aan die Reserwebank se minder bevredigende bevinding.”
Karan Beef mik verder as Saoedi-Arabië
“Die plaaslike mark vir beesvleisprodukte, hoewel dit steeds sterk is, raak stadig maar seker versadig, maar daar is baie geleenthede in die buiteland.”
ANC, EFF maak vooruitgang by Gamagara-munisipaliteit ‘ongedaan’
Volgens Du Plessis het die nuwe burgemeester ook die protokolbestuurder weer aangestel, wat op ʼn strafregtelike klagte teregstaan omdat hy na bewering ʼn hond met ʼn byl opgekap het.
Tshwane: Samwu-staking steeds nie verby
“Werkers daag by die werk op en weier om opdragte uit te voer. Ons sien steeds dade van geweld en intimidasie wat op werkers en diensverskaffers gerig is.”