Vermiste pa en seun van PE dood gevind

(Foto: Shutterstock)

Edwin de Vos (45) en sy seun Leonardo de Vos (19), wat Sondagoggend laas gesien is, se liggame is Dinsdag op ʼn grondpad naby die Addo-pad in Gqeberha gevind.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die twee het die oggend van hul huis weggery in ʼn motor wat hulle vroeër vir ʼn vrou herstel het.

“Mev. de Vos het hulle Dinsdag by die Gelvandale-polisie as vermis aangemeld. Terwyl sy nog by die polisiestasie was, het die polisie inligting ontvang van twee liggame wat omstreeks 12:00 op die grondpad in die Swartkops-polisiëringsgebied gevind is.”

Dit is bevestig dat die liggame wel dié van die vermiste pa en seun is.

Die polisie ondersoek twee sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hannelie ·

En so het die gemors van die land wéér lewens geneem en daar gaan wéér NIKS gedoen word nie. Want ons het ‘n so afwesige president wat hom blind hou want dis mos nie sy familie nie.

Johan ·

Dis skrikwekkend wat aan die gang is in hierdie land! Die slegtes heers en hulle kom letterlik met moord weg!

Skappie ·

Hierdie is so onwerklik. Sterkte aan sy vrou en ma van die seun. Mag onse Liewe Jesus jou deur hierdie moeilike tyd dra en styf vashou in Sy arms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.