SA avokado’s binnekort op pad China toe

(Foto: Verskaf)

Thoko Didiza, die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het Dinsdag ʼn ooreenkoms vir die uitvoer van avokado’s met China onderteken.

Die ooreenkoms is met Wang Yi, die Chinese minister van buitelandse sake, namens Tang Ranijan, die Chinese minister van landbou, onderteken.

Didiza het groot opgewondenheid oor die ondertekening van hierdie ooreenkoms uitgespreek, en sê die regering het onverpoosd gewerk om dié uitvoergeleentheid vir Suid-Afrika se avokadoboere te ontsluit.

“In die afgelope paar jaar het die avokadobedryf met 4 750 ha uitgebrei wat die algehele omvang tot meer as 18 000 ha verhoog het,” sê Didiza.

“Om toegang tot China te verkry is ʼn noodsaaklike stap om uitvoergedrewe groei vir die Suid-Afrikaanse avokadobedryf te verseker. Dit is ʼn verbintenis wat die regering onder die landbou- en landbou-verwerkingsmeesterplan gemaak het.”

China sal waarskynlik een van die wêreld se grootste verbruikers van avokado’s word en bied dus ʼn geweldige geleentheid om avokadoproduksie in Suid-Afrika uit te brei.

Die bedryf het tans 15 000 mense op plase en in pakhuise in diens, daarbenewens is baie ander in diensbedrywe en in die waardeketting werksaam.

“Groei in uitvoere sal ongetwyfeld tot groei in produksie lei. Dit sal ʼn vermenigvuldigingseffek hê wat vir groei in indiensneming, vaardighede en ekonomiese ontwikkeling sal sorg, veral in die landelike gebiede van ons land waar die meeste avokado’s geproduseer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cabous like braai ·

Wil die ANC en sy people nie hulself,maar uivoer China toe nie

Karoo ·

Nie so lank terug het Carteblance ‘n program gehaat wat gehandel het oor hoe die Avo boere, klein en groot sukkel met misdaad. Avo’ s word net buite langs plaase verkoop op die “swart mark”. Die wat dit kan bekostig kry sekuriteits maatskappye om die oeste op te pas. Wonder hoe hierdie goeie nuus die bedryf gaan afekteer.

Nommer 7 ·

Ai, slegte nuus vir ons die verbruikers. Hoe meer die uitvoere, hoe minder avos’s vir die plaaslike mark, hoe duurder gaan ons moet betaal. Gaan die avo boere ook dieselfde eier grootte avos uitvoer as wat hulle ons plaaslike verbruikers bied?

Manie ·

Dan is dit boonop duur ook. ‘n Avo @ meer as R15.00 kan maar lê en vrot op die rak.

SwartBees ·

Onthou, daai avo word by die boer gekoop teen bv R0,75c per avo. Dit word dan uitgevoer ten duurste en ons kry die scraps. Al wie die avo geld geniet is die middel man wat +/-1000 % wins wat in sy sak gaan.

Lillian ·

Nou gaan ons seker weer die swak kwaliteit kry teen die duurste duur pryse, soos gewoonlik!

Papsak ·

Ja so word al SA se beste goed uit gevoer china en ander lande toe en ons moet met die swakste te vrede wees en dan nog duurder betaal vir daai afval goed sonde regtig

Juan ·

Wat pateties is vir is om sekere kommentaar te lees oor boere wat uitvoer en dan moet die verbruiker sit met lae klas produkte. Moenie n boer kritiseer met n mond vol kos nie. Dis bog dat ons lae klas het

Is Suid- Afrikaners bereid om te betaal vir dieselfde klas ? . Boere is prysvatters gaan blameer die middelmanne en as die verbruiker ontvrede is plant jou eie avo boom

SwartBees ·

Die boer en die verbruiker word deur die middelman in geloop. Ek weet nie waar jy bly nie, maar hier by ons kry ons net die scraps wat wat niemand wil hê nie ten duurste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.