Dié blikkies gesnipperde tuna onttrek

Argieffoto (Foto: Facebook)

Shoprite en Checkers het besluit om as veiligheidsvoorsorgmaatreël sommige 170 g-blikkies van Cape Point Light Meat Shredded Tuna in Water aan winkels te onttrek.

Dié stap volg omdat van die blikkies moontlik foutiewe dubbelnate het.

Die twee handelaars het bevestig dat daar nog geen klagtes ontvang is nie en dat hulle bloot voorsorg tref.

Die vrywillige onttrekking is slegs beperk tot blikkies gesnipperde tuna met die produksiekode EEJCK BPHGS01 (produksiedatum 23/07/2021 en beste voor- datum 23/07/2024) en geen ander Cape Point-produkte word tans geraak nie.

Die produksiekode staan aan die onderkant van die blikkies.

Shoprite en Checkers sê klante wat reeds van die betrokke produkte gekoop het, kan die produkte terugneem na hul naaste Shoprite en Checkers en ’n terugbetaling daarvoor ontvang.

Klante kan ook 0800 01 07 09 skakel of e-pos stuur na [email protected] / [email protected] vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.