Dié brandbestryders klein maar getryn

Izrael Post (2) van Bloubergstrand met sy eie brandbestrydersuitrusting saam met JP Smith (Foto verskaf)

Kaapstad se brand- en reddingsdiens het Donderdag jonk en oud by hul brandweerstasies verwelkom om internasionale brandbestrydersdag te vier.

Die opedag het honderde kinders en hul ouers en versorgers na die stasies gelok waar hulle meer kon leer oor die diens en wat brandbestryders doen.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het by Goodwood-brandweerstasie by brandbestryders aangesluit waar die mans en vroue in uniform hul dagtaak uiteengesit het.

“Dit is verblydend om te sien daar is so baie jongmense wat belangstel in die brand- en reddingsdiens,” sê Smith. “Hulle kon eerstehands sien wat dit verg om in ʼn gevaarlike situasie in te hardloop om lewens en eiendom te red.”

Die diens het die afgelope somerseisoen 111 seisoenale brandbestryders bekom wat hulp aangebied het om veldbrande te bestry en kon verseker dat die diens op 7 409 veldbrande reageer tussen November 2022 en April 2023.

Dit sluit nie die duisende noodoproepe in waarop die brand- en reddingsdiens reg deur die jaar reageer het nie. Tussen 1 Mei 2022 en 28 April 2023 het hulle op 22 506 oproepe gereageer en alhoewel die meeste hiervan brande was, was 3 613 motorongelukke, 1 104 aanrandings en talle ander was mediese ongevalle.

Die brandweerdiens se vloot spog nou met 72 brandweerwaens, 28 watertenkwaens, 28 sleepeenhede, 17 reddingsvoertuie en 10 vliegtuie/helikopters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Ook NET in die Kaap waar die brandweer nog werk. Kom bietjie na die OosRand in Gauteng en bel die brandweer of ambulans en kyk hoe lank wag jy. En as hulle opdaag het hulle nie water in die tenks nie of die pompe werk nie.

Vonny ·

Ons gaan ook kaap toe verhuis.
Niks werk in noordwes provinsie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.