Dié NW-hospitale nou ook van beurtkrag verlos

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Etlike staatshospitale in Noordwes, waaronder die Taung- en Ganyesa-hospitaal, sal nou ook van beurtkrag kwytgeskeld word.

Altesame 77 sogenaamde voorkeurhospitale oor die hele land is nou reeds van beurtkrag verlos.

Die departement van gesondheid hoop egter om eindelik sowat 300 staatshospitale oor die land heen van beurtkrag kwytgeskeld te kry.

Foster Mohale, woordvoerder van die departement van gesondheid, het Maandag gesê dit sal weens tegniese uitdagings tyd neem om sommige staatshospitale van beurtkrag kwyt te skeld.

“Die departement sal mense op die hoogte hou van die vordering met betrekking tot die kwytskelding van hospitale oor die hele land.”

Die departement werk intussen saam met die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) aan ʼn uitvoerbaarheidstudie ten einde sonpanele in gesondheidsfasiliteite in kritieke gebiede te laat installeer.

Die meerderheid van Gauteng se staatshospitale, waaronder die Charlotte Maxeke-, Helen Joseph-, Steve Biko- akademiese, Mamelodi- en Bronkhorstspruit-hospitaal, word tans van die gewraakte beurtkrag kwytgeskeld om die ontwrigting van die verskaffing van noodsaaklike gesondheidsdienste tydens kragonderbrekings tot die minimum te beperk.

Ander sodanige hospitale sluit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad en die Harry Gwala-hospitaal in Pietermaritzburg in.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Korrelkop ·

Mooi, moes in die eerste plek nooit sonder krag gewees het nie

Owlie ·

Hodpitale rn ouetehuise hoort glad nie loadsheddings te kry nie, moes nooit! Vraag bly wat is die doel van loadshedding – niks kan in n kort tydtjie met verskeie areas in2 ure af herstel of vervang word nie, korrupsie en fandalisme kan nie gestop word nie en die enigste “wats” wat uit die hele dpeletjie kom is al dit “wats” wat uit die publiek se monde kom.

Marcello ·

Kan hulle nie ook sommer begin met die Suid-Kaap ook nie, dit sal keer dat waglyste bietjie korter raak vir operasies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.